Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Ons is besigheidsreisigers wat belange in die Langebaanomgewing het. Die wind in die somermaande pla baie as jy nie self 'n seiljag- of vlieërplankentoesias is wat wind nodig het nie! Gedurende 'n goeie reënjaar,is die veld in die lente pragtig en interessant. Ook heelwat noordwaarts, bv. Groenriviersmond en Hondeklipbaai se kant toe. Die voëllewe by die strandmeer en noordwaarts na Rocherpanarea is vir ons interessant."
"Die Weskus is soos 'n ongeslypte juweel. Van die padstalle langs die pad tot die dorpies langs die kus, daar is iets wat almal sal geniet. Die dorpies is kalm, die natuur is asemrowend, die kos is baie lekker en die Suid-Afrikaanse mense is altyd vriendelik!"
"Gawe mense en baie hulpvaardig. Hoop hulle het beter akkommodasie as die een waarin ons tuisgegaan het, maar oor die algemeen baie goeie bestemming."
"A lovely little town. Very friendly. Lots to see and do if you like quaint places, birds and wild flowers."
"Die Weskus het 'n eie bekoring wat jy self moet ervaar. Muisbosskerm in Lambertsbaai, was 'n ondervinding!"
"'n Besoek aan die Weskus is 'n absolute moet vir enige toeris of besoeker. Die skoonheid en die besonderheid van die Weskus sal by jou bly vir die res van jou lewe."
"Dit is 'n juweel! Die landskap, see, blomme, padstalle en vriendelike mense is die sout van die aarde en 'n besoek werd."
"Die Weskus bly een van die lekkerste areas om te besoek. Die mense is uniek, altyd vriendelik, spontaan en net 'n plesier!"
"Ons kon baie dorpe in die omgewing besoek sonder om te veel kilometers af te lê. Die winkels in Velddrif het heeltemal in ons behoeftes voldoen en ons het die gholfbane in die omgewing baie geniet."
"Lekker by die see. Augustus-September se blommekyk is ook iets lekker om te beleef."