Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Doringbaai is klein maar 'n mooi plekkie met lekker wynproe. Mooi Weskus-plekkie."
"Baie lekker kuierplek, kliëntvriendelik en sal ek definitief aanbeveel vir ander."
"Leeto is beslis 'n plek om te bespreek vir fine dining. Die Gaatjie is 'n juweel wat bietjie weggesteek is en glad nie hoef terug te staan vir Leeto nie - mens sit letterlik op die strand. Stap langs St. Augustine en verken al die winkeltjies, maar ook - onthou tog dit maak hier rondom 16:00 toe, nie soos in die stad waar winkels tot ounag oop is nie."
"Jacobsbaai is prentjiemooi en skoon, maar neem asseblief alle drink- en eetgoedere saam. Aanwysings is swak na die see."
"Baie rustige dorpie wat kalmte vir jou gemoed gee. Heerlike vakansiebestemming. Baie naby aan ander dorpe. Gemaklike ryafstand na ander dorpe."
"Average experience - lots of stern-sounding signs on the beach. Inform the public but unnecessary imperative tone."
"Our stay was out of season. I do think in season will be a nightmare due to the traffic, therefore pick your times for staying over carefully."
"'n Paar ekstra winkels en restaurante sal 'n bonus wees, maar dorp is mooi skoon, netjies en baie veilig. "
"Goed geleë van al die omliggende "hussle and bussle" met die voordeel van die rustigheid en privaatheid wat die omgewing bring."
"Yzerfontein is 'n pragtige Weskusdorp wat nog voorsien vir die persoon wat 'n rustige wegbreeknaweek wil hê. Die Spar op die dorp voorsien in alle behoeftes aan kruideniersware, en daar is genoeg restaurante vir diegene wat nie self wil kosmaak nie. Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n vinnige wegbreek."
"Ek sal elke kans wat ek kry Paternoster toe gaan. Ek is wel bietjie bekommerd oor die skielike hoë werkloosheidsyfer in Paternoster. Dit het baie opsigtelik geraak. Dit kan veiligheid en diefstal negatief affekteer."
"As a first-time visitor, the town of Yzerfontein was a lovely surprise. Lots of development. The Rosemead bakery was amazing and I had the best carrot cake there. Will definitely return in the summer since it was raining and our stay was very short."
"Voordurend lastig geval deur bedelaars en kreef verkopers. Het nie gekoop nie en sal verseker nie aanbeveel dat die kreef op straat by die "verkopers" gekoop word nie!"