Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Daar word vreeslik gebou daar, maar dit bly 'n pragtige bestemming vir die wat 'n bietjie wil wegkom."
"Lambertsbaai is baie lekker plekkie om vakansie te hou en baie veilig om te bly. Ek sal Lambertsbaai aanhou kies om vakansie daar te gaan hou."
"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."
"Well situated to explore the surrounding areas. The many walking routes along the coastline are great for people and pets, and the person at the Information office was great - friendly and knowledgeable about the town. The cleanliness and restful atmosphere add to the enjoyment of the visit."
"Die blomme en omgewing is prentjiemooi, dit is net op die oomblik ontsettend droog. Kort baie dringend deurdringende reën."
"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."
"Lots of restaurant choices. Spar for shopping if self-catering. Real fishing village."
"Not much to do in Elands Bay so once you have travelled around the area you are then lost for what to do. So if not a surfer it is a short stay."
"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "
"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."
"Klein dorpie, maar vol saligheid en vrede. Daar is 'n eetplek en wynproe op die hawe. Ons het ook plaaslike vissersbote ingewag as hul van die see af kom om te kyk na hul dag se vangs, terwyl die vuurtoring oor ons waghou. Mooiste grondpaaie in omgewing vir verkenning. Strandfontein baie naby en het ook heerlike eetplek met mooiste uitsig oor die see."
"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "
"Langebaan het iets vir almal en maak voorsiening vir alle mense. Jy hoef nie in 'n 5-ster-restaurant te gaan sit nie, jy kan maar sommer draairoomys op die strand of wegneemetes kry as jy wil. Dit is beskikbaar vir jou."
"Dit is 'n dorpie propvol verassings. Ons geniet altyd ons besoek. Alles is so skoon en netjies. Die munisipaliteit en sy inwoners doen 'n uitstekende werk om die dorp pragtig te maak en te hou. "