Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Yzerfontein is lekker stil. Dis die perfekte plek vir 'n wegbreek. Dit gee mens die gevoel van 'n regte seevakansie."
"Dit is 'n rustige dorp aan die Weskus en Paternoster is 15 min se ry. Regtig baie om te sien. "
"Baie oulike dorpie, stil, vriendelike mense en skoon en kan van daar af baie ander plekke gaan besoek."
"Sandy Point is 'n rustige plek. Die dorpie rondom is soos wat mens verwag van enige Weskus dorp - daar gaan nie veel aan nie, nes mens dit wil hê. Daar is natuurlik 'n Spar en OK waar jy meeste van jou inkopies kan kry. Maar dit bly 'n Weskusdorp. "
"Wanna experience one of Gods creations without spending money, visit this area."
"It's a quaint little fishing village with a most surprising gem of a restaurant at the abalone factory. Well worth a visit."
"Paternoster is 'n rustige dorpie. Mens voel veilig daar en die mense is vriendelik. "
"Ten spyte van die rooigety, heerlik rustig en oop met fantastiese sonsondergange en 'n baie lang strand om te gaan stap. Mal oor die plek. "
"Ideale bestemming as jy van rustigheid hou en net die see en asemrowende sonsondergange wil beleef."
"Dit is 'n baie rustige plek, met mense wat baie vriendelik en hulpvaardig is. Dit is waar, ons voel of ons daar kan gaan bly enige tyd van die jaar. Kom gerus en ervaar die rustige lewe."
"Op hierdie stadium is die twee restaurante wat by die marina was gesluit en word daar gewerk aan die gebou . Dit beperk die ontspanningsaktiwiteite by Mykonos aansienlik."
"Volop doen- en kuierdinge. Lekker geleë om Weskus se blomme en wynkelders te besoek."
"Langebaan is 'n baie mooi dorp met alles wat jy nodig het om jou vakansie in die Weskus onvergeetlik te maak."
"Mens kan sien die dorp is bitter klein, maar dit was presies wat ons nodig gehad het om uit die gejaag van die lewe te kom!"