Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"As avid birdwatchers Bird Island was a real highlight - we visited twice. We enjoyed several reasonably-priced fish meals at local restaurants. "
"A small seaside village that is a short 1.5 hour drive from Cape Town with a lovely walking track along the coastline."
"Doringbaai het nie regtig veel vir jongmense wat gewoond is aan die stadslewe nie. Dis 'n rustige ou dorpie waar mens maar van die natuur moet gebruik maak om jouself te vermaak, maar vir mense wat net wil rus en niks doen nie, is dit die perfekte plek."
Britannica Heights, West Coast
West Coast Cactus Acc"Stil en rustig. Geen gejaag van karre en trokke soos in die stad. Geen heinings of kettings om alles toe tesluit. Waarlik veilig soos op n plattelandse plaas, met nag geluide en al. Die area is nog nie so verskriklik ontwikkel nie. En die mense is vriendelik en opreg."
"Hierdie skilderagtige vissersdorpie het baie te bied vir diegene wat graag rondkyk, lekker kuier en heerlike seekos wil eet. Daar is genoeg restaurante wat uitgebreide spyskaarte aanbied en die disse is vars en mooi voorgesit. Die uitsig oor die see is van die mooiste langs die Weskus en die gasvryheid van die mense is eg en hartlik. Die strandjies is netjies en skoon en meestal maklik bereikbaar. Vanuit Yzerfontein kan vele ander interessante dorpe besoek word, en in blomtyd is dit die beste plek om te wees. Vir 'n rustige verblyf is Yzerfontein die regte plek om mens se batterye weer te laai en die kop weer skoon te kry. Yzerfontein is 'n moet vir enigeen wat die Weskus wil verken!"
"Weens die droogte sal ek voorstel dat daar 'n emmer in die stort gesit word om water op te vang terwyl die geiser warm word. Die geiser vat nogal lank om op te warm."
Britannica Heights, West Coast
Da Gama's Cottage"Jy kan die hele baai sien, so ver soos Velddrif. Ook kan jy Paternoster aan die ander kant sien. Dit is werklik baie mooi."
"Langebaan as dorp vertoon baie netjies en skoon. Daar kan egter meer gedoen word om alle strate duidelik van straatname te voorsien. Ons moes 'n paar keer navraag doen omtrent die roete wat ons moes volg om by ons bestemming te kom. Aangesien ek hardhorend is, maak ek nie van GPS gebruik nie, en moet ek basies my instink volg om ons bestemming te kon kry."
"Mykonos is 'n wonderlike bestemming en tyd vlieg terwyl jy daar is. Die Spa is topgehalte met vriendlike personeel. Alles is veilig en jy het toegang tot alles, met 'n verskeidenheid restaurante wat uitkyk oor die see. My aanbeveling is om ten minste 'n week te bly, want daar is net té veel om te doen!"