Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Lekker, lekker, lekker. Wees net bewus Gaaitjie restaurant se kombuis sluit 20:00 op 'n Saterdagaand!"
"Besig binne seisoen, maar steeds die moeite werd. Heerlike plek vir winter wegbreke."
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
"Dit was ons eerste besoek ooit aan Yzerfontein, 'n heerlike rustige dorpie met soveel genot."
"Pragtige vakansiedorp. Ander naby geleë plekkies word gou bereik. Groot winkelsentrum wat inkopies vergemaklik."
"Te winderig en ongerieflike visvang plekke as jy 'n visserman is, dit was my eindelike rede hoekom ek daar gaan vakansie hou het met die idee om vis te gaan vang."
"Absolutely stunning setting. Quiet little hidden gem off the beaten track with Fryer's Cove Winery in the most unusual setting. Beautiful walking/mountain biking trails along the coastline."
"Baie mooi plek. Bietjie min restaurante en besienswaardighede, maar 'n aangename atmosfeer in die strate."
Longacres Country Estate, West Coast
Long Acres Bahamas Accommodation"Stil en rustig in die mooiste deel van die Weskus."
"Die verblyf waar ons gebly het was baie oulik, geen klagtes daaroor. Wat Lambertsbaai betref, ons het nie van die hoeveelheid bedelaars in die dorpie gehou nie. Daar het ook 'n paar verby die verblyf geloop wat uit die aard gebedel het. Dit is onaangenaam, omdat hul ook maklik in die verblyf kan inkyk. Dit is dus 'n steurnis aan jou rus en vrede. Ons het ook nie baie veilig in die dorpie gevoel wanneer ons daar rondgeloop of gery het nie. Ons sal nie weer daarheen gaan vir 'n vakansie nie."
"Fantastiese bestemming. Huur 'n kajak voor Pearlys en roei om die eiland. Drink dan 'n bier by Pearlys en gaan eet pannekoek by Pancake Den so 'n ent in die straat op. 'n Besoekie by Mykonos en dalk so boot trippie maak vir 'n perfekte naweek."