Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dit was ons eerste kuier in Sedgefield en dis voorwaar 'n juweel op die Tuinroete."
"Waar's dit lekker ? In Stilbaai is dit lekker. Dit is afseisoen en in die week so alles was lekker stil. Geen verkeer en min mense in winkels, jy word dis orals gou gehelp. Ek weet nie of plekke nog die nagevolge van Covid inhaal nie, maar party plekke is buitensporig duur en "by word of mouth" is dit vir hulle slegte advertensie. Jy kan nie R95 vir 'n ontbyt betaal wat Spur vir R59 aanbied nie, dis darem te veel. En dis baie duidelik, plekke wat billike pryse het, is altyd vol. Plekke waar daar enkele mense sit, stap jy verby, teken van duur pryse. Almal moet hul sente omdraai, nie net besighede nie. Ek is 'n plaaslike ondersteuner en veral plekke waar jy in Afrikaans bedien word. Die plekkies waar ons wel ingestap het, was almal baie vriendelik. "
"Ons was so verras oor hoe skoon en kleurryk Beaufort-Wes was. Die ingang na die dorp begroet jou met 'n mooi tuin en al die huise was kleurryk geverf. Ons het die geleentheid gehad om die pragtige kerk van binne te sien met sy pragtige houtwerk, veral die preek ruimte wat besonders was en die orrel."
"Dit is 'n besonderse kultuur en skilderagtige dorpie met die mooiste see-uitsig. Dit skep 'n rustige atmosfeer en definitief 'n plek waar jy kan kom aftree om weg te kom van die gewoel van die stadslewe."
"Dit is 'n soos 'n kis wat jy oppmaak, en dan ontdek jy die mooiste edelgesteentes."
"There is a lovely restaurant close by. We had the most amazing hake, calamari, chips and salad. Definitely worth every cent."
"Dis 'n oulike plekkie met sy eie bekoring. Lekker teerpad tot daar. Ons sal beslis aanbeveel dat meer mense die plek besoek. Ons het ook 'n uitstekende ontbyt genuttig by die Boekklub restaurant."
"Mosselbaai het baie verskuilde verrassings wat 'n mens eers ontdek as jy die stad eers beter leer ken."
"Van die mooiste dorpe in die Wes-Kaap hierdie tyd van die jaar. Dorp het alles wat mens nodig het en die Art Cafe het die heerlikste koffie en die mooiste uitsig."
"Lovely area, safe and the residents are friendly and welcoming. In a world where this is rare - it was refreshing to experience just pure kindness extended towards a stranger."