Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Yzerfontein is 'n pragtige Weskusdorp wat nog voorsien vir die persoon wat 'n rustige wegbreeknaweek wil hê. Die Spar op die dorp voorsien in alle behoeftes aan kruideniersware, en daar is genoeg restaurante vir diegene wat nie self wil kosmaak nie. Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n vinnige wegbreek."
"Kaapstad is definitief een van die mooiste stede! Boomryk en pragtig met baie historiese besienswaardighede."
"Ek sal elke kans wat ek kry Paternoster toe gaan. Ek is wel bietjie bekommerd oor die skielike hoë werkloosheidsyfer in Paternoster. Dit het baie opsigtelik geraak. Dit kan veiligheid en diefstal negatief affekteer."
"As a first-time visitor, the town of Yzerfontein was a lovely surprise. Lots of development. The Rosemead bakery was amazing and I had the best carrot cake there. Will definitely return in the summer since it was raining and our stay was very short."
"Dit bly die mooiste plek in Suid-Afrika. Skoon, netjies en vriendelike mense."
"Montagu is 'n pragtige plek, maar ek sal beslis nie weer Montagu Springs toe gaan nie."
"Oudtshoorn het 'n spesiale plek in ons hart, hoewel ons nie daar sal wil woon nie weens die somertemperatuur. Die afgelope naweek was ek teleurgesteld oor hoe vuil die dorp is. Daar sal regtig 'n groot poging aangewend moet word van die stadsvaders om 'n kultuur te vestig om die dorp skoon en netjies te hou."
"Pragtige stad. Die natuur en skoonheid is onbeskryflik. Ons het lekker gekuier en die Kaap se weer ontdek in al haar fasette. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Dis baie veilig - selfs die bouers hinder niemand nie. En dit kry jy nie dikwels nie."
"Voordurend lastig geval deur bedelaars en kreef verkopers. Het nie gekoop nie en sal verseker nie aanbeveel dat die kreef op straat by die "verkopers" gekoop word nie!"
"Beautiful in so many ways. Excellent restaurants and beautiful beaches. Ideal stop over for a few days on route when travelling the renowned Garden Route."