Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Bekommerd oor die toestroming van werkers waar dit voorkom of daar nie toegangsbeheer is nie. Dit lyk of dit ook in die toekoms oorbeset kan raak waar die bou van huise geweldig toeneem."
"Hulle moet asb. kyk om 'n First Aid Kit in die park te hê, die super tube is nice, maar bietjie nou en maak die kiddies bietjie seer. Goeie security en baie nice plek in die bos."
"Luilekker plek, baie wild langs die Krokodilrivier gesien. Miskien dalk aandag gee aan die grondpaaie, paar plekke, veral as jy met klein kar daar wil ry."
"If you want a getaway to a place where it's just nature and wild animals - that's a great place to go. It is very clean too!"
"Niks om te doen in Komatipoort nie, maar lekker geleë by wildtuin en lekker restaurante."
"As 'n wegbreek van die stadslewe is Marlothpark 'n versteekte juweel, maar wanneer jy lus is om uit die bos te stap, bied Marlothpark 'n verskeidenheid van gerief. As jy 'n fantastiese restaurant soek, kan ek Bos Restaurant sterk aanbeveel. Lekker kos, puik diens en fantastiese eienaars."
"We travelled from KZN and found that Komatipoort is a typical border/transit town with a bustling main road. The first restaurant we went to, Tamborina, was horrifically overpriced so we got up and left! We went to the restaurant at the golf club and had a great evening there. The golf club has a spectacular setting on the river and the food and service were excellent."
"Regtig 'n baie lekker oornagplek naby die wildtuin asook die Mosambiekgrens, die eienaar was so gaaf om vir ons 'n alternatiewe pad te verduidelik om by die lodge uit te kom om die vreeeslike lang ry trokke wat wag om oor die grens te gaan te vermy."
"Marlothpark is 'n wonderlike plek om te besoek, maar mens moet by die reëls hou sodat dit vir almal wat kom kuier sowel as die diere 'n goeie ervaring kan wees. Die spoedgrens is daar vir 'n rede en so ook die versoek dat mense nie moet raas of mors nie. Ek kom weer en weer en weer terug na Marloth want dit is my hartsplek."
"Kan nie wag om ons volgende vakansie in Marlothpark te bespreek nie. Geniet die diere wat so vrylik om die huise beweeg."
"Marlothpark se sekuriteit is nie baie goed nie. Ons vriende is deurgelaat sonder om hul bespreking te wys of 'n permit te ontvang (hulle was nie bewus dat hulle een moes kry nie). Die volgende dag het hulle gevra vir 'n permit, maar was meegedeel dat daar nie genoeg permitkaarte beskikbaar is nie (dit was oor 'n langnaweek, dus was daar baie besoekers gedurende die tyd)."
"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
"Lekker vakansieplekkie in die bos. Begin egter baie kommersieel raak. Die enorme lodges en drie verdiepings 'n bekomernis vir die toekoms. Lekker gebly naby die Kruger."