Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"One of my favorite places to stay outside of the Kruger, there is quick access to the Crocodile Gate and a lot of places to view the Crocodile River and the animals that come down for the late afternoon."
"Ongelooflike atmosfeer van vakansie en rustigheid. Interaksie met verskeidenheid wilde diere wat daagliks besoek is onbeskryflik."
"Daar word op die oomblik baie gebou op persele en dit maak dat 'n mens onveilig voel en dit lyk onnet. Die paaie was ook in 'n baie slegte toestand gewees na baie reën."
"Dit is die derde keer dat ons in Marlothpark vakansie hou (min of meer dieselfde tyd van die jaar). Hierdie jaar was daar aansienlik meer mense teenwoordig in die park. Dit is opmerklik hoeveel ontwikkeling plaasvind. Daar is baie werkers besig en daar was ook baie meer besoekers as gewoonlik. Nie almal kom die spoedperk na nie en daar word harde musiek gespeel deur besoekers in hul moters en by hul huise. Ek is bly vir die dorp se vooruitgang, maar die mense wat luidkeels in die pad loop is steurend."
"Sal enige tyd mense aanbeveel om te gaan. Wonderlike plek om te ontspan en jou batterye te herlaai."
"Truth be told, we haven't been in Marloth in quite a long time. The hustle and bustle was a shock. The town is truly bursting."
"Paaie was die naweek net bietjie rof a.g.v. die baie reën, andersins baie gerieflik en mooi (soos mens van die bosveld verwag)."
"Very friendly people in the shops, they stock everything you need. Atm's and petrol station (slow when the weekend is busy)."
"Belangrik dat besoekers sal onthou dat dit ook bewarea is en hou by die reëls van Marloth."
"Die park self is groot en skoon, en het nie 'n tekort aan diere om te sien nie. Baie van die paaie is nie vir elke motor nie, maar met 'n bakkie of 4x4 sal daar nie probleme wees nie. Marloth is ook naby aan Die Krugerwildtuin wat 'n pluspunt is."
"Ons geniet Marlothpark. Hulle kan regtig aandag gee aan die pad wat teen die Wildtuin se draad afloop. Vir gewone karre is dit al onbegaanbaar."
"Sal beslis weer besprekings in daai area doen, om die diere daar te sien rondloop."