Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Met die baie reënval was baie grondpaaie verspoel. Met 'n gewone motor sal dit baie moeilik wees om rond te ry, veral langs die rivier."
"Fantastiese vakansiebestemming! Die rustigheid van die natuur en bosgeluide maak dit 'n baie spesiale bestemming waarna ons keer op keer sal terugkeer."
"Dit is 'n lekker rustige plek om net te kan afpak en rus, daar is baie om te sien en doen."
"Soos enige plek in SA het hulle maar hulle mooi gedeeltes en dan nie so mooi en onveilige gedeeltes. Maar die gasheer van die gastehuis het ons verwys na die gholf klub wat pragtig was. Hulle is geleë reg langs die Krokodilrivier en ons het daar ons aandete geniet terwyl ons na die visarend en krokodille kon kyk."
"Baie lekker plekkie, die enigste probleem is die paaie, dit het wel baie gereën, en dit kon lei tot die verspoelde paaie. Mense met lae voertuie sal nie sommer daar kan ry nie."
"Marlothpark is 'n uitstekende rusplek. Hoop daar word binnekort iets aan die strate gedoen wat deur die reën verspoel is."
"Ons is mal oor Marlothpark, geniet altyd ons verblyf daar. Die paaie is net in 'n baie slegte toestand."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"
"Lekker restaurante en winkel as mens iets benodig. Veiligheid is tops. Baie wild om te sien. Rustigheid. "