Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"
"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."
"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."
"Baie oulike opset, welgedaan. Restaurante, winkels en waterspeelpark is 'n bonus. Sommige paaie net baie verspoel en kort dringend aandag."
"Regtig 'n wonderlike plek om die natuur en wild te sien. Dorpie en winkel het alles wat jy nodig het en almal was vriendelik en behulpsaam."
"Fantastic place, we have been quite a few times and it is always relaxing and feels like you are in the actual Kruger Park when staying at certain properties. I love the fact that the locals and permanent residence/community look after the main focus which is the environment and wild animals. It is truly a special place and every visitor should respect it and enjoy it."
"Lekker rustig buiteseisoen. Geleë teen wildtuin. Baie wild te sien. Paaie net nie goed nie!"
"Kan die eienaarsvereniging asb. net die paaie bietjie regmaak. Ek moes verskeie kere ompad ry na d ander uitkykpunte. Veral Seekoei-weg is 2x plekke onbegaanbaar vir gewone voertuie."
"Uitstekend, veral die diere wat reg op die stoep kom en uit jou hand uiteet. Wonderbaar."
"Die bestuur moet oorbeweiding bestuur. Die verkoop van bokplille vir die voer van die diere moet afgeskaf word. Die diere kom gevaarlik naby die inwoners wat met 'n skielike beweging deur die diere se horings of tande van die vlakvarke ernstig beseer kan word. Die skouers van die teerpaaie verdien ook instandhouding."
"Besig, strate vuil en selfs in die bosse lê vullis orals. Daar is te veel beweging van werkers en word 'n ou vertrap by die inkopiesentrum. Marloth is naby en maklik bekombaar in die Laeveld en baie gesog oor die winterseisoen."
"Daar is baie rondlopers wat maklik in die ruigtes kan verdwyn. Dit kan 'n veiligheid risiko wees."