Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Sal baie graag daar wil grond koop en plek bou vir aftrede. Netjies en baie skoon."
"Ek was net ’n bietjie bekommerd omdat daar so baie locals vrylik in Marlothpark rondloop."
"Die verskeidenheid wild in Marloth Park is 'n bonus as mens nie die dag Kruger toe wil ry nie! Rustigheid en vrede is kos vir die siel."
"Almal in Marloth is baie vriendelik en die diens by enige plekkie waar jy instap is fantasties."
"Lekker waterpark naby vir kinders en gesinsontspanning. Nodige winkels beskikbaar vir voorraad."
"Ons bly gereeld in Marlothpark. Ons geniet die park. Alles is daar wat nodig is. Jy kan kies en keur tussen akkommodasie."
"Gaan in die winter, of maak seker eenheid het lugversorger. Baie muskiete, maar is 'n rustige, pragtige bestemming."
"Marlothpark is vir ons 'n heerlike kuierplek. Ons geniet die wildtuin-gevoel. Dis baie gerieflik en naby genoeg aan Komatipoort indien nodig."
"Die grondpaaie is net baie sleg om rond te ry. Lae voertuie sal beslis nie deug nie."