Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Dis 'n rustige dorpie met baie hartlike mense. Daar is petrol, drankwinkel, restaurant en 'n supermark. So mens hoef ook nie die hele huis in te pak om hier te kom bly nie. Ek is veral beïndruk met hul strengheid om by die stadige spoedgrens te hou. "
"Marlothpark is 'n heerlike bos wegbreuk met wilde diere wat gereeld kom hallo se. Dit is 'n onvergeetlike ervaring wat ons gereeld doen. Sal Marloth aanbeveel vir enige iemand wat hou van die buite lewe en bos. "
"In Marlothpark voel dit asof jy naby die natuur is met die natuurlike bos en wild wat oral rondloop. Heerlik!"
"Marlothpark is 'n awesome wegbreekplek. Dit is rustig waar jy tussen diere kan bly en loop. "
"Nie 'n langtermyn kuierplek nie. Dis goed vir 'n stopover na Mosambiek of Knp. Ek kan Tabarina restaurant hoog aanbeveel."
"Altyd lekker om Marloth Park te besoek. Die regte plek om te gaan recharge."
"Als is naby Marloth geleë of ten minste nie meer as 2 ure van mekaar af nie. Ons was in Sabie, Graskop en Hazyview die een dag en die volgende dag in Kaapsehoop, Barberton en Diepgezet. Baie avonture in baie min tyd beower, maar die beste was maar die wildtuin en die lekker kuier om 'n kampvuur in Marlothpark."
"Marlothpark het my hart gesteel, ek het my hart daar gelos vir die volgende keer wanneer ek gaan."
"Lekker boswildernis wegbreek, oulike winkelsentrum en lekker biltong en vleis by die slaghuis. "
"Marlothpark was nog altyd vir ons heerlik, stil en naby die natuur soos ons daarvan hou."
"Gaan al baie jare Marloth Park en sal nog soveel keer gaan soos die geleentheid opduik."
"Besoek gerus ook Leeuspruitpark, binne Marlothpark - daar is vier watergate met uitkykpunte om wild en voëls te besigtig. Die grondpaaie in Leeuspruit is redelik nou en daar is kliprante waaroor van die paaie loop - nie heeltemal geskik vir stadsmotortjies en verkeerslig-renjaers met lae-profiel bande nie."
"Hierdie plek is 'n moet vir enige Suid-Afrikaner, maar as jy kuiermense van oorsee kry is daar geen ander keuse as om Marlothpark te besoek nie. "
"Plenty to see and beautiful surroundings around the area. The restaurant ot the river is excellent."
"Ons is baie lief vir Marloth Park, die water is net nie so great op die oomblik nie, dis bruin in kleur, en het soms 'n reukie. Ons het net bottelwater gedrink en in die kos gebruik, maar kraanwater gebruik vir tandeborsel, bad en skottelgoed."
"An experience in itself! A great choice for large groups and those looking for a more economical, relaxed and flexible experience than private lodges, but more comfort than camping. There is something for everyone, even when booking last minute."
"Daar is 5000 erwe waarvan 1500 reeds huise op het, as die erwe almal huise het gaan dit die atmosfeer bederf."