Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Ons gaan gereeld Marlothpark toe en geniet dit baie daar. Alles wat jy nodig het is in Marlothpark self. "
"Lief MarlotPark ongelooflike mooi plek vir akkommodasie en veral die diere wat tot by jou voor deur loop. Absoluut fantasties!"
"Het baie wild gesien, lekker naby en kon mooi fotos neem, dis baie besig teen laat middag met mense wat huistoe gaan, neem aan dis van die bouers en werkers daar, busse en vragmotors, maar as dit eers verby is, is dit rustig en jy kan die leeus hoor brul in die aand. Bonus!"
"My ouers is gereelde besoekers en hulle het ons aanbeveel om daar te gaan vakansie hou. Sal beslis volgende keer saam met hulle kom rustig wees en die diere lewe is werklik iets om na uit te sien."
"If you want to experience the wilderness, visit Marloth Park. It was really a fun experience and felt like an adventure."
"Dis net jammer mense strooi rommel oral. Ek dink ook baie van dit word gestrooi deur boukontrakteurs."
"Die park is pragtig opgegradeer om kindervriendelik te maak. Dit voel asof jy in 'n klein dorpie woon met wilde diere as jou buurmense."
"Ons is net werklik bekommerd oor die onbelemmerde deurloop van mense wat nie inwoners is nie! "
"Marloth Park is die beste vakansiebestemming as jy graag in die bos wil wees met wild om jou. "
"Vir my en die mense om my was dit wat ons wou gehad het, geen fieterjasies, boslewe, met wat jy nodig het naby jou. Soek nie groot winkelsentrums ens nie. Dit sal die ideaal van die plek, lief vir dit soos dit is."
"Die dorpie is 'n unieke klein plekkie met mense wat baie gasvry is. Ek kon alles wat ek nodig gehad het daar koop. Die wild is oral en die area is skoon en baie gerieflik."
"Sal graag meer gereeld wil besoek. Sal beslis net 'n huis wil hê wat dieper in die bos geleë is, i.p.v. naby die hoofpad deur Marloth. "
"Ons as familie gaan ten minste een maal per maand Marloth toe. Ongelooflike ervarings."