Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Nog altyd 'n groot gunsteling vir ons om te besoek omdat dit die geleentheid bied om ook deel van die Kruger se wild te sien uit jou eie omgewing."
"Die enigste nadeel is om te sien hoe Marloth Park agteruit gaan, rommel lê die wêreld vol en dan kyk baie mense nie behoorlik na hulle erwe nie, by soveel huise lê boumateriaal en gemors rond en word nie behoorlik netjies op 'n plek gesit nie, soveel mense plant allerhande tuinplante om hulle huise en dit vat die natuurlike gevoel weg. Dan word mense ook net ingelaat in Marloth en die hek beheer is glad nie streng nie. Alhoewel ons geen water probleme ervaar het nie was groot dele van Marloth Park dag na dag sonder water en vreeslik baie mense het daaroor gekla, ek was vir 10 dae in Marloth en vir 10 dae was daar waterprobleme."
"Die park is netjies, die diere is goed versorg en baie gemaklik. Elke dag was 'n nuwe ervaring."
"Komatipoort is baie stil en rustig, maar beslis naby genoeg aan toeristeaantreklikhede. "
"Shops very expensive inside Marloth Park. Prices just out of sync with the rest of South Africa. Better to do your shopping at Komatipoort - big savings there!"
"Baie wild gesien. Marloth bied baie vir mense wat wild wil besigtig en die wildtuin wil besoek."
"Dit was lekker om die diere tussen die huise te sien rondloop. Stil en rustige atmosfeer. Ons het die tyd."
"Ons as gesin is mal oor Marloth en gaan die afgelope 3 jaar elke jaar vir 'n paar dae om ons batterye te herlaai."
"Sal goed wees as hul bietjie aandag kan gee aan die grond paaie, veral Pofadderstraat. As mens 'n klein kar het sal mens maklik jou kar daar seer maak en van die paaie se naam borde is weg."
"Pad netwerk kan gerus bietjie opgeknap word. En naamplaatjies op straathoeke kort aandag. Marloth Park bly steeds ons aardse paradys!"
"Aangename vakansie bestemming met 'n wonderlike geleentheid om n paar wildsoorte van naby te kan beskou."
"Wonderlik geleë met toerisme altyd in gedagte. Elke person wat jy met kommunikeer is vriendelik en behulpsaam. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Baie rustig en lekker, bosveld area en regtig 'n aanbeveling vir almal."
"Die mense is so vriendelik en behulpsaam. Die park was skoon kon nie dink dat dit besig is nie."