Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Die hout uitspattig duur, winkels duur. Lionspruit is nie die ingangsfooi werd nie, meeste van die paaie baie sleg. Komatipoort is selfs goedkoper. Marloth is toeganklik en besoekersvriendelik. Uitkykpunte goed versorg en strategies geleë."
"Heerlike lekker ontspanne wegbreek, met die voorreg om ons diereryk op jou agterstoep te besigtig. Kan nie wag om Marloth Park weer te besoek nie."
"More visable security or policing might help visitors to enjoy and relax more. I felt unsafe being outside after dark due to the possibility of crime."
"Ek sal hierdie plek vir enige persoon aanbeveel, wat graag 'n rustige vakansie in die bosveld wil hë. Daar was nie een sekonde wat ons verveeld was of dit nie geniet het nie. Ek het in my lewe nog nooit so welkom by 'n vakansieplek gevoel nie. Ons wou nie eers teruggaan huis toe nie. Vir die wat graag rustigheid soek, dit is die plek vir jou. Ons gaan nou sommer twee keer per jaar soontoe so lekker is dit. "
"My eerste besoek, baie beïndruk en sal dit weer besoek en van die akkommodasie gebruik maak. Goeie ligging/nabyheid ten opsigte van die Kruger Nasionale Wildtuin."
"Ons eerste besoek aan Marloth. Alles wat 'n mens nodig het is beskikbaar by die winkels. Die paaie is goed behalwe die een langs die draad by die rivier, maar darem ook nie te sleg nie... my Peugeot het dit gemaak en dit is definitief nie 'n 4X4 nie. Sal Marloth weer besoek en vir ander mense aanbeveel"
"Jy skuld dit aan jouself om Marloth Park ten minste een keer te ervaar. Hierdie was ons tweede keer die jaar en beplan reeds die volgende besoek."
"Dis 'n lieflike area met warm, hartsmense en die ontvangs is altyd vriendelik. Die diere wat in die area rondbeweeg verskaf almal ure se vermaak en maak enige kuier die moeite werd. "
"'n Wonderlike stukkie aarde - maar die munisipaliteit kan bietjie hulle sokkies optrek. Die straatnaamborde is baie verwaarloos en party plekke is sommer net eenvoudig weg. Vullisverwydering kort ook aandag. "
"Ons het al baie in Marloth Park vakansie gehou en het nog nooit 'n veiligheid "insident" beleef nie. Ons hoor net dat daar wel is en gereeld gebeur. Ek dink egter die sekuriteit kan beslis ingeskerp word ten opsigte van toegang. Daar loop heeltemal te veel nie-vakansiegangers en nie-inwoners vryelik rond. Dit is beslis 'n veiligheidsrisiko."
"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."
"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."
"If you love the bush and wildlife this is the place to be, as Kruger National Park is on your doorstep you can easily spend the day driving around in the park. "
"Het gevoel of ons in die wildtuin bly. Sien sommer die diere by die rivier sonder om na die wildtuin te gaan."
"Ons dink dis ongelooflike waarde vir geld en 'n puik basis vir allerhande dag-ekskursies na die Wildtuin, Swaziland of Maputo."