Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 774 reviews.
"Strand is pragtig en mooi skoon en Wildernis is gerieflik geleë naby soveel ander plekke om te besigtig en om dinge te gaan doen. Daarby is Wildernis 'n pragtige plek met baie groen plantegroei."
"Dis mooi, maar die restourante is nie great nie en die winkels is skaars."
"Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld."
"Wildernis is 'n sprokiesmooi plek. Dit is rêrig 'n plek om weer te besoek en geniet."
"Die Map of Africa was 'n spesiale belewenis. Alle mense moet net daarvan weet. Daar was ook 'n vrywillige gids wat 'n mens rondwys en detail vertel. Uitsig na see ook baie spesiaal. Wildernis-strand 'n wonderlike stap werd met baie mooi spoelklippe en skoon sand. Die restaurant in die ou stasiegebou 'n besoek werd. Klein winkeltjies ook baie interessant. "
"Die see is 'n groot pluspunt en die dorpie lyk asof mens nog baie daar kan ontdek. "
"Lots to do and to explore in surrounding areas, but one needs to watch for safety. Beggars in town, on the beach areas and too many car guards were later really annoying. Restaurants were good but shops are very limited."
"Wildernis is 'n baie mooi plek met redelik baie dinge om te doen vir klein en groot, moet net so bietjie rondry. Dorp is klein, met weggesteekte winkels en restaurante. Wonderlike tyd gehad en goed uitgerus."
"Wildernis is vir seker een van die mooiste plekke op die Tuinroete. So naby aan ander dorpe en strande."
"Wildernis altyd die beste. Baie lekker restaurante. Net lekker om te loop op die strand of om in 'n kano te vaar al langs die lagoon af. Pragtig."
"Wildernis is 'n baie oulike toerisme dorpie met pragtige natuurskoon van die see asook riviere. Die dorp het veral baie goeie restaurante wat ons vreeslik geniet het. Wildernis is ook baie naby aan George en Knysna geleë vir lekker uitstappies na die groter dorpe."