Verified Reviews
Willowmore
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Willowmore
Rated 4 out of 5 based on 165 reviews.
"Dit is klein en die mense is baie dronk op straat op 'n Saterdagaand. Hulle kan aggresief wees en baie luidrugtig."
"Willowmore is 'n interessante dorpie, skoon en netjies met 'n knus restaurantjie, Kapoet, wat ook allerlei snuisterye verkoop. Heerlike ontbyt en die pannekoek met melktert vulsel kan aanbeveel word."
"Ek het simpatie met hulle situasie - 'n hotel in 'n dorpie wat ooglopend al hoe meer sukkel om 'n bestaan te voer. Dit kom voor asof die dorpie min interessanthede het om besoekers aan te bied. Óf dalk is daar net te min inisiatief om iets met min bronne aan te pak."
"Die dorpie self bied nie na my mening baie vir die toeris nie. Beide die Ou Tronk en die Kragstasie wat in die brosjures beskryf word, is gesluit. Die Wonderboom op pad Aberdeen toe is so toegegroei dat 'n mens nie die wonder daarvan kan sien nie."
"Baie vriendelike Karoo-dorp. Ons was hartlik gegroet deur die inwoners en besigheidpersoneel. Ons het die heerlikste grill op die dorp geëet. Die vleisgeregte was van top gehalte, en die Don Pedro's is 'n moet."
"Ek het sedert 1972 - 1980 in die omgewing grootgeword en saam met my ouers baie hier verbygegaan (grondpad via Meiringspoort) na De Rust. Woon in Nelspruit en ja, as een wat baie rondgaan sien ons die agteruitgang van munisipaliteite en hul geriewe, maar was baie verbaas oor Willowmore, veral na 17:00 het als stil geraak, dankie daarvoor."
"Klein dorpie, vriendelike mense, oulike padstalrestaurante. Nie veel op so 'n klein plekkie vir jongmense nie."
"'n Dorpie waar die kinders nog ongedeurd in die strate kan speel. Ons het veilig gevoel om sommer oral rond te kan stap."
"'n Klein, karaktervolle dorpie in die Klein Karoo. As jy hou van stap en die Karoo-plantegroei, is Willowmore 'n ideale bestemming. Goed geleë vir oornagverblyf."
"Het basies net oornag en nie enige besienswaardighede besoek nie. Dorpie was baie mooi skoon."
"Daar is baie om te doen in die omgewing, 'n bestemming vir die avontuurlustiges."
"Willowmore is maar 'n klein dorpie, maar dis netjies en skoon. Lekker plekkie om te oornag."