Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 767 reviews.
"If tranquillity, good security and friendly people is what you are looking for, then this is the place to be!"
"Ek sal Yzerfontein sien as 'n bestemming wat met 'n boek en goeie wyn deurgebring moet word."
"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"
"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "
"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "
"Yzerfontein is pragtig geleë met die mooiste strande en see. Die wilde diere soos volstruise, klein bokkies en skilpaaie loop rustig in die woonbuurt rond. Die plek is netjies en het beslis 'n indruk op ons gemaak."
"Hoop dit brei nie so uit soos van die ander Weskus-bestemmings nie. Baie oulike dorp en naby aan plekke soos Darling ens. Baie blomme al klaar in Yzerfontein gesien."
"Een van ons gunsteling plekke vir vakansie hou. Baie netjies, skoon en vriendelike mense. "
"Yzerfontein is naby Kaapstad, maar bied self nie veel nie. !Khwa ttu is rit na restaurant werd. Uitsig van restaurant af is pragtig. Ry gerus ook na Riebeeck Kasteel. Natuurskoon herinner aan Skotland se Canolavelde, groen heuwels, veldblomme, skapies en water. Pragtig! "
"Oor die algemeen 'n baie oulike dorpie. Ek sal graag daar wil woon permanent. "
"Almal baie vriendelik, almal groet. Baie mooi, rustige plek, mooi natuurskoon, vir ure en ure langs die strand afgestap. "
"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"