Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 1417 reviews.
"Yzerfontein is die lekkerste dorp aan die Weskus om bietjie weg te kom van al die lawaai in die stad. Salig en pragtig. Die mense in Yzerfontein is ongelooflik vriendelik en bedagsaam en daar is 'n paar eetplekkies met die lekkerste kos. Wat jou vakansie na Yzerfontein ook lekker maak, is dat as jy wil rond toer is die ander mooi dorpies aan die Weskus net 'n entjie weg, jy kan Paternoster toe vir die dag, Jacobsbaai, Darling om net 'n paar te noem. Dis die see- en bos-ervaring saam, wat meer wil mens dan nou hê!"
"'n Baie oulike dorpie. Perfekte ligging, naby die Kaap, en als wat 'n mens kort is op die dorp by die Spar. Verder het Yzerfontein heelwat lekker winkeltjies en koffiehuise. Sal dit beslis vir ander aanbeveel."
"Skaars 90 minuite se ry van die Noordelike Voorstede van Kaapstad af. Yzerfontein is 'n ideale bestemming vir 'n naweekwegbreek. Dit bied veral lafenis met koel seelug tydens die warm somermaande. 'n Juweel aan die Weskus. Wanneer jy weer die juweel besoek, maak moeite om meer oor die dorp te lees."
"Gaan kuier by René en vra vir sy gewilde Hollandse pannekoeke. Heerlik, smaaklik en 'n gesellige plekkie met 'n warm gasheer. Lus vir 'n lekker, vars gebakte brood vir ontbyt? Gaan kuier by die plaaslike bakkery en gee jou oor aan meer as een snytjie. Myl 16-strand is 'n moet - jy kan ongesteurd stap, jou gedagtes laat gaan en ten volle net ontspan. Al die druk van die moderne lewe kan net van jou afval en jou siel kan weer verlig."
"Ons is lief daarvoor om op Yzerfontein vakansie te hou. Dis 'n pragtige, stil dorpie en ons geniet die mooi en skoon strande."
"Yzerfontein is besig om vinnig te verander, want elke keer wanneer ons die dorp besoek, is daar meer ontwikkelinge aan die gang. Maar Yzerfontein bly steeds die rustige, plattelandse kusdorp wat so baie bied. Daar is so baie plekkies om te besoek... Die tyd gaan hopeloos te vinnig verby wanneer jy daar besoek aflê."
"Beautiful, serene, noiseless, lovely place to visit to get away from the busy lives we normally lead."
"Sal Yzerfontein enige tyd aanbeveel as 'n plek om vakansie te gaan hou. Stil rustige plek met vriendelike mense. Het heerlik gekuier. Weer was perfek."
"What a diamond! Yzerfontein crept into my heart, is gorgeous and will see me again soon!"
"Yzerfontein is vir ons gerieflik naby vir wegbreek (woon in Bellville), beskik oor 'n Spar wat aan al die koopbehoeftes voldoen en het vriendelike personeel. Die apteek is 'n noodsaaklikheid en lewer goeie diens. Die roete langs die eerste see, hawe en tweede strand bied 'n maklike staproete. Ons is verlief op Yzerfontein."
"Dit is 'n pragtige omgewing met 'n unieke karakter. Sou nogal die besit van eiendom daar oorweeg."