Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"Toegang tot die strand is R130 per dag vir 2 persone en 'n voertuig en honde word nie op die strand toegelaat tot en met St. Lucia nie - werk dit by jou reisplanne in."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."
"Dit was kleiner as wat ek verwag het. Nie 'n slegte ding nie. Wens net mens kon veiliger gevoel het. Ek moes die lug uit my bande blaas om op die strand te ry, maar toe ek die bande wou opblaas is daar net een plek om dit te doen en hulle kon ook nie help nie. Is net vertel die lug is op en dat ek Mbazwana toe sal moet ry. Nie iets wat ek graag wou doen met pap wiele. Sou gedink het hulle sou in hierdie opsig beter voorbereid gewees het."
"Afterwards we talked to Afrikaners who left their home in Mtubatuba after being shoft and robbed multiple times. However, despite being the only whites in the shopping centre, we felt generally safe and don't see any reason why this place was any different from the rest of Kwazulu-Natal. The place of this guesthouse is most definitely even safer, as the entire plot of farms and houses is fenced and guarded 24/7. So, a great basis for exploring St. Lucia if you have a car."
"Ons was basies op 'n voëlkyk vakansie en die bos en omgewing het 100% voldoen aan ons verwagtinge. "
"Ons was net vir 'n langnaweek in St. Lucia, maar het omtrent alles gedoen gekry wat ons wou doen. 'n Bootrit op die rivier is 'n moet. Die Isimangaliso Wetland Park (western shore) na Cape Vidal was ook lekker, maar dit is amper 'n heeldag uitstappie op sy eie. St. Lucia is maar 'n klein dorpie en daar is nie vreeslik baie om te doen nie. Daar is wel so een of twee stap roetes en 'n boardwalk naby die strand."
"Netjiese skoon omgewing. Strate en parke is skoon. Winkelsentrums is groot en koel."
"Ons het in Mtubatuba geslaap maar ons het St Lucia toe gery wat maar soos 15 min. van daar af is en dan het ons ook Richardsbaai toe gery so 25 min. van Mtubatuba af."
"Ons het bloot deur Pongola gereis en nie veel gesien nie. Wat ons wel gesien het, het ons beïndruk en ek sou graag wou oorbly om bietjie rond te kyk."
"Baie mooi dorpie. Ons kom van Richardsbaai wat so uur se ry weg is so ons ken St Lucia goed."
"Eshowe has a quiet, small town feel, because that is what it is. It is the perfect destination to wind down and forget all the hustle and bustle."
"Die dorp en die omgewing is mooi. Die swemstrand is gevaarlik, maar Kaap Vidal het 'n pragtige mooi strand. Dis ook 'n mooi pad soontoe."
"Heerlik in die winter, wanneer daar nie te veel mense is nie. Ons sal nie graag in die somer daar wil vakansie hou nie - te veel 4x4's trekkers en bote op die strand. Lang wit strande om op te loop. Die duikers het dit baie geniet, en ons het ook gaan snorkel en visvang. Fantastiese ervaring."
"Die area waardeur jy ry om by Jozini Tiger Lodge te kom is nie ideaal nie, so beplan eerder jou rit om gedurende ligdag ure te arriveer. Gaan kyk of jy die krokodil in die poel onder die damwal kan sien. (Sal goed wees as Jozini dorp se munisipaliteit meer moeite doen om die fantastiese area skoon te maak en so te hou)."
"Genoeg om te doen as mens wil besig bly en ook perfek om net te ontspan en te vergeet van die gejaagde lewe. "
"Een van ons land se top-natuurbestemmings - dis hoekom ons so dikwels besoek aflê!"
"St. Lucia is 'n baie verrassende dorpie. Die krokodille en seekoeie wat oral is was onverwags en baie opwindend!"
"Ek is versot op St Lucia. En nou dat die mond oopgemaak word sal die visse terugkeer en dan is ons weer daar elke jaar! St Lucia bly die beste plek om te rus en te "destress". Veilig daar en te lekker!"