Verified Reviews
Aberdeen
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Aberdeen
Rated 3.9 out of 5 based on 135 reviews.
"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
"Blue Room is die enigste eetplek op die dorp. Baie lekker kos by die Camdeboo-padstal. Panele in die kerksaal baie besonders. Die kerk is indrukwekkend. Daar is `n paar fantastiese huise uit die dorp se gloriedae. Doen die sirkelroete via Murraysburg en Graaff-Reinet - wonderlike landskappe. En Aberdeen is net `n halfuur se ry van Graaff-Reinet af. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorpie. Die aandete by Vileira was 'n fees. Page House bly 'n wenner."
"Aberdeen is 'n klein dorpie wat 'n heel aangename plekkie is om te rus en om die lang pad Kaap toe 'n bietjie te onderbreek."
"Ietwat afgeleë, maar platteland op sy eie met sy eie bekoorlikheid. 'n Vars verandering vir 'n stadsjapie vir 'n oorslaap."
"Die dorp het ook potensiaal. Jammer vir al die rommel wat oral rondle en verder deur die wind verspry word. Lieflike NG kerk en ander gastehuise lyk mooi van buite."
"Ons het pragtige foto's geneem van hierdie mooi ou dorpie met sy ou geboue. Selfs Kersfeesversieringe in die straat. 'n Hond wat homself tuisgemaak het reg in die middel van 'n kruising! "
"Ek was so beïndruk met die ouwêreldse atmosfeer. Ons het 'n toer gehad van die NG Kerk en die tapisserieë in die ou kerksaal, dit was baie ontroerend. Ek sal beslis weer aandoen by Aberdeen wanneer ek na die Oos-Kaap reis."