Verified Reviews
Albertinia
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Albertinia
Rated 4.1 out of 5 based on 75 reviews.
"One has to visit the Aloe Ferox Factory Shop for professional advice and friendly service on the best products to use. We ended up buying a range of the products after using some of them at the guest house, which was available for the guests to use. Excellent quality."
"Die eerste keer wat ons daar geslaap het. Dit was wonderlik en sal definitief weer."
"Die beste roosterkoeke by die winkel net as jy die dorp inkom, teen billike pryse. Ons het ook die lekkerste T-been gekoop by die plaaslike slaghuis. Albertina, jy het ons stoutste verwagtinge oortref."
"Ryk aan geskiedenis. Hotel se etes is heerlik en 'n goeie keuse asook 'n móét. Goed geleë tussen nabye strande. 'n Aangename verrassing!"
"Ou geskiedkundige dropped met baie mooi paaie in die omgewing waar die natuur jou asem sal wegslaan. Gaan kuier gerus, dit is die geld, moeite en tyd werd!"
"Vriendelikste en gasvrye mense was altyd behulpsaam selfs op die vakansiedae."
"Albertinia het so diep in ons harte gekruip, dat ons besluit het om daar te gaan aftree!"
"Albertinia is die verborge of onontdekte juweel van die Tuinroete!"
"Die mense van Albertinia is so vriendelik. Het lanklaas so iets beleef waar mense jou groet sonder dat hulle jou ken. Rustige dorpie."
"Daar is heelwat om te doen in die omgewing en dit is 'n sentrale basis om die omgewings vanaf te gaan verken. As iemand wat van agterpaadjies en grondpaaie hou is hierdie die perfekte basis om vanaf te verken."
"Pragtige ou klein plekkie wat redelik sentraal geleë is tussen Mosselbaai, Stilbaai en Riversdal. Soos die joggie by die brandstof hawe kla: "Daar is nie veel te doen hier nie madam". Maar soms, wil ons mense van die stad, regtig nie veel doen nie. Die rustigheid is genesend en die stilte restorerend. In die stilte vind jy juwele in mense en klein winkeltjies en stil grond paadjies na vriendelike tannies en ooms wat lekker baie kan praat terwyl jy gelukkig nie een woord hoef te uiter nie. "
"Pleasure to travel on the dirt roads, extremely well kept and safe to travel."
"Dit is 'n baie klein dorpie. Kan wel die nodige daar kry as jy iets kort."