Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1694 reviews.
"Die dorpie was kleiner as wat ek verwag het, ons het by 4 Sheep geëet, dit was baie lekker. Ongelukkig op pad terug toe ons daar stop vir wegneem pasteitjies toe verkoop hulle nie tuisgebakte pasteitjies aan ons nie, maar iets wat hulle self aangekoop het. Dit was baie onsmaaklik, nie een van ons het dit klaar gemaak nie. Maak seker dit is die tuisgebakte pasteitjies."
"Mooi ou dorp met baie geskiedenis wat gebruik kan word om toeriste te lok en die infrastruktuur meer toeristevriendelik kan maak. "
"Daar is nie so baie dinge om te sien en te doen soos in groter dorpe nie, maar die netheid en rustigheid daarvan maak dit 'n baie goeie oornagplek. "
"Pragtige dorp met al die winkels wat jy nodig het. Die dorps mense is vriendelik. Baie warm in die somer, so maak seker dat jy verblyf kry wat lugverkoeling het."
"Ek is seker daar is baie te doen in die omgewing. Vir ons was dit ongelooflik om plasse water in die dorre Karoo te sien en om deel te kon wees van die inwoners se vreugde danse oor die Groot Gewer se genadewater. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar dis nader aan die Kaap as Gariep of Colesberg. Die volgende dag se rit is egter korter, wat 'n pluspunt is."
"The 4 Sheep restaurant and shop at the garage an absolute must to stop at. Food is excellent and the prices are good."
"Bly amper elke jaar daar oor en vind dit 'n geskiedkundige dorpie reg vir die besoeker."
"Op pad Kaap toe was BFW spotless op 26ste Dec. Verras. Nie 'n papiertjie in sig nie. Op pad terug van Kaap af 3 Januarie was dit vuil, besig en onsmaaklik. Sou nie spesifiek soontoe gaan vir verlof nie, maar OK vir 1 aand se oorslaap a.g.v. ligging."
"I would not call the Hotel Oasis a travel destination, but rather a good stopover during a long drive."
"Die dorp is een groot taxi-rank, maar rondom die dorp is 'n paar mooi plekke."
"Nice friendly people and very clean town, 4 Sheep Restaurant highly recommended."