Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1694 reviews.
"Beaufort-Wes is nie my idee van 'n toeristebestemming nie. Warm en droë wêreld. Goed vir oornag."
"Ons ry al vir baie jare deur Beaufort-Wes en al het hulle baie duur geword, bly die Karoo Nasionale Park maar nog die beste plek om te bly en as jy net wil oorslaap, kan ons Little Green World met lof aanbeveel."
"Klein plekkie so daar gaan nie veel aan nie, maar ons was bevoorreg om baie oulike mense te onmoet. Ek kan Royal Beauty aanbeveel en Lizette's Nails - twee besonderse aangename dames."
"Beeldskone dorpie. Goeie mense en geselskap in en om die dorp. Die geriewe is skoon en daar is 'n groot mall vir die nodige."
"Beaufort West is definitely a place that is worth visiting and spending time in. It is a beautiful part of the world and has so much to offer in the way of tourist options. From the Karoo National Park to all the interesting buildings and history that surrounds the area. "
"Ek hou van Beaufort-Wes. Geniet dit as ons Weskus toe gaan om iewers in Beaufort-Wes te oornag. Ek het al paar gastehuise en self caterings daar besoek, en was nog nooit teleurgesteld nie."
"Klein dorpie waardeur gery word op die N1. Besoek gerus 4Sheep as julle oorslaap."
"Lekker Karoodorpie waar daar altyd gestop word om petrol in te gooi."
"Ons het by Granaat ontbyt geëet en dit was heerlik en baie interessant."
"Beaufort West is a lovely town. Very clean and tidy and there is a vast variety of accommodation that suits everyone."
"Die dorpie is baie besig met al die trokke en verkeer in die hoofstraat wat deur die nag 'n geraas veroorsaak. As jy wil oornag en wil rus beveel ek aan dat jy blyplek soek ver weg van die hoofstraat."
"Die Karoo-deli is beslis 'n wenner om by te eet - die kos is baie lekker en die pryse is billik."
"Die Karoo Park is beslis die hoogtepunt van enige kuier in Beaufort Wes. Die Karoo Deli was ook goeie waarde vir geld."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."