Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1694 reviews.
"Beaufort-Wes is 'n pragtige dorp en besighede is maklik bereikbaar. "
"It is worthwhile to stop over and just catch your breath here. A busy little town but not too busy to relax."
"Die paar ure wat ons gehad het om Beaufort-Wes te verken was duidelik te min. Daar is nog heelwat om te sien en doen. Pragtige ou kerke en heelwat interessante winkeltjies. "
"Beaufort Wes is en was nog altyd my oorbly-dorpie. Ek is baie lief vir die dorpie, maar sal soos in die verlede, oornag by Wagon Wheels."
"As jy die lekkerste pizza wil koop - gaan beslis na Karushi - waar Karoo en sushi ontmoet. Watter vriendelike mense en regtig wonderlike pizzas."
"Wou nog graag by Spinwiel en Christiaan Barnard huis uitkom maar was ongelukkig toe op 'n Sondagoggend 10 uur."
"Pragtige, rustige omgewing, sal langer as net 1 aand bly - kan sommer 'n week of langer bly."
"Dis jammer dat die swaarvoertuie dwarsdeur die middedorp moet ry. Dis baie besig, gevaarlik en onaangenaam."
"Na-uurse winkels nie te goed nie. Ons moes baie rondry om 'n botteltjie melk te kry."
"Vir iemand wat hou van dit wat oud is en die geskiedenis daarvan sal ek Beaufort-Wes aanbeveel."
"Die museum was treffend en interessant. Moes net meer tyd gehad het om die ander plekke ook te besoek."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."