Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1509 reviews.
"Dit is 'n gewone woongebied. Wegneemkos, bankgeriewe beskikbaar minder as 'n kilometer van die gastehuis."
"No comments, stayed one night only arrived in the dark left the next morning in the drak."
"Ons het slegs oornag, so ons kan nie werklik kommentaar lewer nie. Lyk egter na 'n mooi en rustige omgewing. "
"Fichardt Park is ideally situated if one wants to get in and out of Bloemfontein with ease. We did not go into the suburb. "
"Langenhovenpark is 'n baie netjiese woonbuurt en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n oornaggastehuis."
"Behalwe vir die doel waarvoor ons Bloemfontein toe gegaan het, het ons ook die Vroue Monument besoek voor ons dadelik weer in die pad moes val. Dit was 'n baie insiggewende mooi maar ook hartseer ondervinding. Die uitstallings is uitstekend, geboue en terrein is goed versorg. Alles en alles 'n lekker vinnige uitstappie."
"Rustig en stil vir 'n goeie nagrus asook nie te ver vanaf die hoofroete nie. Eetplekke baie in 'n radius van 2 tot 3 kilometer bekombaar."
"Dit is 'n baie mooi omgewing, mense stap maklik na die nabygeleë inkopiesentrum wat die veiligheid van die area bevestig. Alles is by een plek geleë veral vir iemand wat onbekend is met die area. "
"Not a holiday destination but a nice place to visit if you are visiting someone at the University."
"Sentraal geleë. Abiento het die vermoë om jou te laat voel of jy in 'n rykmansbuurt woon."
"Rustige voorstedelike woongebied en die ligging hang mos maar af van waar jy wil wees. Straat name is lekker duidelik."
"Behalwe dat hier nie 'n see is nie, is Bloem 'n lekker stil stad met al die winkels wat jou hart begeer."
"Was en is nog altyd 'n baie lekker plek vir ons. Hopelik tree ons eendag in die Rosestad af."
"Bloemfontein het baie om te sien en te doen. Vir die plattelanders het dit nog baie winkels ook."