Verified Reviews
Blydeville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Blydeville
Rated 4.4 out of 5 based on 36 reviews.
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Miskien 'n televisie vir die kinders wat wil cartoons kyk, verder baie nice."
"Goeie oorslaapplek vir verdere reise na Namibië en sentraal indien dit as stasie gebruik word om ander dele van die Noord-Kaap te besoek."
"Moet nog gereeld deur Upington reis en sal weer van Blydeville gebruik maak. Baie dankie vir die goeie diens."
"Dit is naby 'n groot inkoopsentrum as jy dringend iets sou nodig hê. Dit is ook naby die middedorp en al die besienswaardighede is maklik binne bereik."
"Gastehuis op hoek van twee besige strate. Voertuie in die straat is die hele nag besig!"
"Blydeville is rustige gebied in Upington en gerieflik naby groot inkopiesentrum."
"Mooi skoon woonbuurt, trouens die hele dorp is, het daar al gebly ook. Kan net straatname op sementblokke op sypaadjies verf."
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Blydeville is slegs 'n uitbreiding van Upington. Kan lekker wynproe in Upington en op die rivier ry met 'n bootrit wat vooraf bespreek word."
"Kan nie werklik 'n oordeel fel nie. Was net oornag daar. Hier is die mense blykbaar netso vrygewig soos in die res van Namakwaland."