Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Dit was vir my wonderlik om te sien dat mense 23:00 in die nag nog steeds op die strand drentel, mense nog swem, en vrouens draf sonder om bekommerd te wees. Ons ken dit nie. "
"Veilig en naby aan hospitaal en groot Spar. Enkele minute se ry na sentraal Stellenbosch. "
"'n Baie lekker dorp, alles gerieflik naby. Die strand is ook mooi skoon."
"Baie mooi plattelandse dorpie. Almal baie vriendelik. Baie mooi natuurskoon. Beslis 'n besoek werd. "
"It is quite a good experience to look at the history and experience the quaint locations in the area. Certainly a place to visit again."
"Die dorp kort meer inkopiewinkels, ons moes Worcester toe ry om te koop wat ons nodig gehad het. Andersins is die dorp met sy asemrowende agtergrond van berge en wingerde perfek!"
"Mooi, vindingryk, rustig, besit 'n sekere atmosfeer. Ouwêrelds, tog sag en modern."
"Die see, die vars lug, die berge, die weer, ag sommer alles oor die Strand het my oorwin, selfs die pryse in die winkels."
"Dit breek nogal die Strand se beeld wanneer die publiek dit so bemors gedurende die feesdae op mense se voorstoepe kampeer en die gemors op sypaadjies los."
"Miskien nie die beste swemstrand nie, maar heerlike weer en nie so mal besig soos die meer gewilde strande. Kinders kon heerlik in die sand speel en ons kon ontspan. Alles is naby en kan na gestap word."