Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Daar is soveel lekker goed om te doen in die Strand soos ver gaan stap, swem, surf, super tubes ry en ook baie ander plekke om te besoek wat naby aan die Strand geleë is soos vele wynplase, aarbei plase, padstalle, Stellenbosch en Somerset Mall is ook naby."
"Klein dorpie. Ons het net een nag oorgeslaap en kon nie die dorp verken nie."
"Vir 'n gesin met klein kindertjies is Strand meer as ideaal. Ons gesin is mal oor Strand. "
"Voel soms of jy in die buiteland (Europa) vakansie hou, met geen vrees as jy buite rond loop nie."
"As ons dit ons permanente tuiste kon maak, dan het ons. Pragtige dorp."
"Ligging van Die Boord ten opsigte van inkopies, Volkskombuis restourant en Stellenbosch middedorp is perfek."
"Ek ken nie die volle area nie, maar waarlangs ek al gery en gestap het was dit veilig."
"Kindervriendelike strand en see. Vriendelike mense. Dankie vir julle gasvryheid. Een uitdaging is die verkeer. "
"Die strand was so bietjie vuil met plastieksakkies en rommel wat so rond gewaai het nadelig vir ons seediertjies. "
"Dit was bietjie winderig die paar dae wat ons daar was. Heerlike groot strande en gemaklike sypaadjies langs die strand - veral omdat een van ons groep in 'n rolstoel was."
"Brandwacht is 'n voorstad heel buite die Stellenbosch middedorp. Dis ideaal vir iemand wat sy eie vervoer het en rustigheid soek. Niks is stapafstand nie, maar dis hoe ek dit verkies het. Stellenbosch raak besig en Brandwacht is weg van al die verkeer en besigheid van Stellenbosch. Van die eiendomme, insluitend Feel@Home, is baie mooi."
"Ons ken nie die dorp Rowsonville nie. Dit is klein en nie eintlik van veel waarde vir toerisme nie - maar die omgewing en distrik is baie pragtig met groot en mooi wynplase en restaurante en venues vir troues ens. Dit is ook baie naby Worcester en die Paarl geleë wat twee pragtige groot dorpe is wat baie bied vir toeriste. Kaapstad is ook seker slegs so 40 min vanaf Rawsonville."
"Die Strand is 'n pragtige strand en is naby aan soveel besienswaardighede in die Kaap. Uitstekende ligging vir rondry in die Kaap."
"Goed geleë om die hele Kaapstad en omgewing te kan besoek in n' ander rigting op 'n daaglikse basis."
"Pragtige plek waar jy sielsrus vind na 'n besige jaar of selfs as jy te ooreis voel en blaas kans nodig het. Is hierdie spesiaal vir jou!"