Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Uiters pragtige omgewing. Kan nie verstaan hoekom die dorp self so skoon is nie gegewe 'n groot deel van Suid-Afrika se dorpe wat al hoe vuiler word. Ek neem aan die besighede help met skoon hou om toerisme verder te bevorder."
"Ons was daar vir 'n troue by Het Vlok Kasteel. Die omgewing is baie mooi en mense baie vriendelik."
"Baie aangename plek met baie toeriste aantreklikhede. Pragtige omgewing. Ongelukkig baie duur eetplekke vir die gewone toeris met min inkopie winkels vir basiese benodighede."
"Die hele ervaring van Strand was ongelooflik al het die wind onplesierig gewaai die hele tyd, maar dit het ons nie gekeer om die plek te verken en te geniet nie."
"Ons het gehou van die feit dat ons op die aangrensende wingerde en weiende beeste kon uitkyk en die rustigheid van die omgewing was heerlik. Tog is die buurt nie baie gunstig tov die sentrale dorpskern geleë nie, en alhoewel dit nie ver daarvandaan is nie, was dit nie die ideaal nie. "
"Dis kleiner as wat ons gedink het. Daar is skynbaar nie 'n apteek nie. Worcester is egter naby genoeg as jy regtig iets soek wat nie beskikbaar is nie. Die mense was oral waar ons gekom het baie vriendelik."
"I don't know how you survive in that heat. We were very happy to have cooler weather and even a few drops of rain while running Prison to Prison marathon."
"Perfectly situated to travel to smaller destinations like Hermanus and also away from the buss of the city, yet close enough if needed to be there. One of the safest areas around Cape Town."
"Baie goed om te weet dat Uber in Franschhoek werk en dat na jou wyntrein trip jy veilig by die huis kan kom."
"As die natuur en weersomstandighede saamspeel is dit 'n goeie plek; lekker naby alles."
"Ons was so oorweldig met die vriendelikheid van so 'n klein dorpie, dat dit baie beslis 'n plekkie is waarheen almal gaan heen terugkom weer en weer, die vermaak oor die naweek in die dorp was eersteklas!"
"Die Strand is volgens my nie meer ingestel op toeriste nie. Die nuwe wandellaan is baie mooi, maar met hoogwater is daar feitlik nie plek om jou handdoek langs die strand oop te gooi nie."
"Baie goed geleë vir die doel om die Kaap te sien. Kaapstad is nie so vêr nie en Paarl bied die rustigheid in kontras met die stad. Dit is op die wynroete vir die wat wyn liefhebbers is. Dis ongelooflik mooi in Paarl en die berge (wat ons Transvalers nie ken nie) sien jy mooi omdat jy nie teen die berg is nie. Asemrowend mooi. "
"Ek ken die Paarl reeds sedert die middel vyftigerjare en het ook daar skoolgegaan. Paarl op sy eie en ook as deel van die Boland is 'n ideale bestemming vir 'n verskeidenheid van aktiwiteite en ook nog naby genoeg aan die see vir diegene wat dit wil benut."