Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Ons het hoofsaaklik wynproeë in Paarl, Stellenbosch en Franschoek gedoen, maar Klapmuts is se natuurskoon is betowerend en die ligging was perfek vir ons doeleindes."
"Rawsonville is 'n oulike plekkie met baie mooi wynplase vir lekker wynproe. Pragtige omgewing. "
"Wonderlike dorp met vriendelike mense, fantastiese maaltyd by Reubens geniet."
"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"We love the Markets in Stellenbosch especially The Slow Market @ Oude Libertas Saturdays and Blaauwklippen Market on Sundays!"
"Wonderful town to visit for a long weekend. Mountain trails well marked, restaurants excellent and location beautiful."
"Maak vooraf seker oor die tye wat die plek oop is want ons was verras toe Fairview vir 'n privaat funksie vroeg gesluit het en nie alle eetplekke is oop vir ontbyt en aandete nie."
"Uitstekende verblyf en uiteet bestemming. Baie om te sien en te doen. Diens was goed tot uitstekend. Wees net versigtig met keuse van restaurante.Lees vorige besoekers se resensies eers voor 'n mens besluit. Olive Grove restaurant in die Tulbagh hotel is uitstekende waarde! Mens moet maar net jou huiswerk doen om die beste vir jouself te kies. "
"Dis 'n oulike dorp om te ontspan, ook lekker baie wynplase naby en ook Ziplining."
"Uniepark is ideaal as jy die dorp Stellenbosch en omliggende omgewing wil verken. Dis naby aan die Natuur Reservaat, botaniese tuine, museums, kunsgallerye en wynplase, asook die lieflike restaurante in die dorp."
"'n Studente dorp van formaat, maar tog baie kultureel en geskiedkundig!"
"Die Anton Rupert kunsmuseum is 'n moet. Babylonstoren is een groot hype en verkoop in $. Restaurante en straatkafees in Dorp/Kerkstraat is ongelooflik. Om te navigeer op straatname is 'n uitdaging, want dit bestaan nie. Moenie 'n GPS vergeet nie."