Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi."
"Franschhoek is 'n pragtige klein dorpie wat ryk is met kultuur. Lekker restaurante en cafes, pragtige omgewing en baie wynplase. Wat meer sal mens benodig?"
"Strand is so naby alles. Jy bly naby die see, al bly jy dieper in Strand in, die see is naby, maar om Kaap toe te ry, of Hermanus of Bloubergstrand of selfs Kaappunt toe, is alles naby genoeg vir 'n daguitstappie. Ek bly altyd in Strand as ons die Kaap besoek."
"Goed, nie soos ek dit van vroeër onthou nie, maar watter plekke in SA lyk en is nog soos vroeër? Dit is steeds 'n baie mooi plek en baie sentraal geleë."
"Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt."
"Nie die beste area nie, maar ons het veilig gevoel en dit is naby alles in Stellenbosch waar ons moet wees. "
"Pragtige plaasomgewing naby alle dorpe en stede, asook Stellenbosch Universiteit."
"Baie gaaf as 'n mens daar plek kry. 'n Mens kan stap na baie dele toe omdat daar so min parkeerplek in Stellenbosch is."
"Strand het al die besighede van 'n moderne stad en ook die vakansiegevoel van 'n kusdorp."