Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Dis seker maar n algemene probleem - die 1ste Januarie moet 'n mens maar wegbly van die strande af. Strand-area was verskriklik besig, maar behalwe daarvoor is Strand baie lekker."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
"Die weer was baie goed, miskien bietjie warm, maar dit was nie 'n probleem nie. Die strand was vol en het hopeloos te min ablusieblokke vir soveel besoekers per dag. Die munisipaliteit kan werklik aandag skenk aan opruim en skoonmaak terwyl mense kuier op die strand gedurende die dag. Dit het baie vuil gelyk in die oggende en dis gewoonlik die tyd wanneer mens wil gaan stap."
"Stellenbosch is een van die mooiste dorpe in ons land! Fantastiese restaurante, veral Hudsons Burger Restaurant. Kalm en rustige atmosfeer. "
"Vir iemand wat rustigheid, weg van die stad se gewoel en 'n plaasatmosfeer soek, is dit die ideale plekkie."
"Riebeek West is a beautiful little town. The area is peaceful, safe and we had such a lovely stay there. Would also highly recommend having dinner at Old Dalby Restaurant. We had a wonderful dinner in the garden with food made to perfection. We can't wait to stay in Riebeek West again. "
"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."
"Tulbach en sy omgewing is pragtig! Ek sal graag ook in die winter wil kom loer as die sneeu op die berge is met 'n kaggelvuur en rooiwyn! Die omgewing bied baie om te doen. Die waterval het baie poele en dis 'n fees om daar deur te bring. "
"Ons is nie mal oor die wandelpaadjie wat hulle besig is om te bou nie - dit gaan beteken jy nie meer net oor die straat kan loop en op die strand wees nie, en dit maak dit moeilik om die mooi uitsig van die pad af te sien."
"Lieflike plek met vriendelike mense en mooi uitsigte met klomp gehaltewynplase om by te kuier. Geniet dit altyd hier. "
"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."