Verified Reviews
Border Area
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Border Area
Rated 4.3 out of 5 based on 1510 reviews.
"Rustige dorpie met 'n stil, veilige strand, selfs in spitstye. Daar was twee dinge om die strand wat wel gepla het. Dit is 'n troeteldiervriendelike strand, maar eienaars maak nie agter hul honde skoon nie ten spyte van gratis sakkies by die ingang. Die badkamers is smerig selfs volgens strandbadkamerstandaarde."
"There is nothing in terms of shops to even buy the basics. Gravel access roads with nearest town 50+ km's away. Very rustic, clean little town and close to Tiffindell Ski Resort."
"Gonubie is die ideale vakansieplek vir mense wat van stilte hou met 'n pragtige strand en lekker eetplekkies. "
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Ek was teleurgesteld met die min parkeerareas by die swemstrande. Ons is baie lief vir die Wes-Kaap. Sal nie Oos-Londen as 'n vakansiedorp sien nie. Paaie is verbruikersvriendelik. Mooi dorp, maar ons harte lê in die Wes-Kaap. "
"Pragtige natuurskoon, maar die dorp is verwaarloos en daar is min plekke om kos te koop. "
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Heerlike strand, geskik vir klein kindertjies. Baie rotspoele waar kinders en honde kan baljaar. "
"Baie lekker om vanaf Steepside oor Rhodes en Naudesnek na die Transkei te reis. Ons het ontbyt geëet by Tenahead Lodge & Spa."
"Port St Johns het baie om te bied. Die natuurskoon is besonders! Die mense is vriendelik, behulpsaam en goedgesind. "
"Gerieflik vir ritte na alle kante van Oos-Londen en die stad. Goed voorsien vir die belangrikste alledaagse inkopies."
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"