Verified Reviews
Brenton-on-Sea
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Brenton-on-Sea
Rated 4.7 out of 5 based on 112 reviews.
"Kom kyk self en geniet die natuur en dierelewe. Genoeg geveerdes om jou besig te hou en selfs 'n bosbok wat kom kuier."
"Brenton is perfek geleë. Op Brenton is dit stil en rustig en baie mooi natuur, maar tog 12 km vanaf Knysna. Ideale vakansiebestemming met pragtige strand."
"Thank you also to Nautical South Restaurant for accommodating us for our late dinner. Next stay we will stay longer and do activities, i.e. hiking etc. Just that this time we wanted to unwind and reflect."
"Pragtige bestemming met toegang tot 'n ongelooflike mooi strand met blouvlagstatus. Die gemeenskap van Brenton-on-Sea en Knysna verdien 'n pluimpie vir hul vasberade pogings om op die been te kom na die groot brande van Junie 2017!"
"Hulle sien ons beslis weer. Vriendelike verwelkoming deur al 3 meisies by ontvangs. Regtig die moeite werd. Baie mooi area. "
"Heerlike, rustige omgewing met die mooiste uitsig. Baie vriendelike mense."
"Die eienaar het ons, sonder enige ekstra koste, gehelp om 'n kombuistee aan te bied by die woonstel! Ons het dit opreg waardeer! Puik diens!"
"Baie mooi. Ver genoeg van die mense massas en naby genoeg aan Knysna vir inkopies."
"Ons bly elke jaar verskeie kere daar, weg uit Knysna se gewoel maar naby al die besoekersopsies van die omgewing."
"Pragtige bestemming! Ons was in Januarie hier so dit was baie stil en rustig. Sal definitief weer die kusdorpie besoek!"
"Pragtig! Alles is mooi en skoon. Die perfekte vakansieplek vir families - groot en klein."
"Dit is naby Knysna, maar tog baie rustig. Daar is hope goed om te doen en plekke om te sien in die area."