Verified Reviews
Cape Peninsula
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Peninsula
Rated 4.6 out of 5 based on 552 reviews.
"Rustig. Pragtige omgewing, maklike toegang tot Vishoek, Scarborough, Simonstad en Kaappunt. Naby genoeg aan Kaapstad om te ry vir die dag. Baie restaurante in die omgewing wat voorsiening maak vir kinders."
"Dis pragtig met heerlike uitsigte en winkels. Heeltemal onderskat omdat dit redelik ver van die middestad is."
"Afhangende van dit tipe vakansie wat jy beplan of die plekke wat jy wil besoek, moet jy maar net altyd die verkeer in ag neem. Die paaie is nogal besig. Vishoek is 'n lieflike dorp met 'n mooi strand en ek kan Barracudas Restaurant aanbeveel. Pet Buddies het ook na ons klein hondjie omgesien. "
"Lekker restaurante en interessante winkeltjies en galerye. Interessante oorspronklike argitektuur."
"Fish Hoek is a beautiful destination. We loved being so close to Simon's Town and if one uses Boyes Drive access to the city centre is relatively painless. Traffic along the coast road between Fish Hoek and Muizenberg can be very slow, best to avoid this route if possible."
Marina Da Gama, Cape Peninsula
Water's Edge Living"'n Stukkie hemel op aarde. Uitstekende waarde vir geld! "
"Buitelandse reisigers mag dit interessante vind. Ek sou dit nie as vakansie bestemming vir my familie kies nie."
Marina Da Gama, Cape Peninsula
Waterways"The Marina is great but the location and approach to the Marina is not very nice."
"Ons is altyd lief vir Muizenberg tot Simonstad. Die strande en strate was skoon, geen Rommel wat rondlê nie. Skoon omgewing is vir my teken van beheer en sekuriteit. Ek sal vinnig onveilig voel as plekke nie skoon is nie."
"Soms loop daar water in see wat voel of daar chemikalieë in is. Die water het die kinders se velle gebrand!"
"Dit was die eerste keer wat ons in die Kommetjie-area met vakansie was. Dit is 'n baie stil en rustige plekkie. Ons sal weer daar inloer."
"Beautiful and convenient location; close to the beach, False Bay and the city."
"'n Juweeltjie aan die Kaap se kus. Pragtig geleë teen die ruwe berg met branders wat enige branderplankryer se bloed sal laat bruis. Verskeidenheid van gesellige eetplekkies en die bekende Blue Bird Garage Food Market. Iets vir elke smaak."