Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en talle goeie akkommodasie, restaurante en wynplase met kelders."
"Altyd vir my 'n lekker stop plek net buit Meiringspoort. Naby genoeg aan Oudtshoorn sonder om te voel asof mens in die stad is."
"Een van die regtige mooi paaie wat te offer is in SA, so baie om te sien en doen op die roete."
"Pragtige dorpie. Elke oomblik van ons verblyf daar geniet. Sal beslis weer wil gaan."
"It was a bit dull as many places were not open during the week. We did have a very lekker meal at Nemenos Restaurant. The McGregor surroundings are beautiful and we thoroughly enjoyed our stay. "
"Montagu is nog 'n egte klein dorpie met gasvryheid om elke hoek en draai. Heerlike interessante restaurante om by te gaan eet en 'n algemene veilige omgewing. Gaan doen gerus die trekker ritte - die moeite werd!"
"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."
"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."
"Up and coming but still old world charm . A jewel in today's busy world. Keep it that way! "
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Landelik en rustig - heerlike sentrale ligging vanwaar mens 'n omgewing vol verrassings kan verken."
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."