Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Mooiste dorp en dorpe om Robertson. Lekkerste mense en plekke vir oud en jonk."
"Calitzdorp is 'n moet voor die winter - veral om jou port-voorraad aan te vul. Baie mooi dorpie!"
"Die dorp is skoon en netjies. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam, maar ons wonder hoekom daar nie na-ure gewone eetplekkies is nie, dit kan ook die toeristebestemming se sterre bietjie opstoot. Kos is noodsaaklike kommoditeit. Die droë vrugte is natuurlik 'n bonus."
"Ek het nie besef daar is sulke klomp toeriste verkenning nie en The Blink Cafe is ’n moet vir ontbyt. Die diens en omgewing was uniek."
"Sal defnitief Die Krans, Calitzdorp aanbeveel vir 'n ligte maaltyd. Salig onder die wingerd met goeie diens en gas vryheid en rustige musiek. Hulle Red Ruby is uit die boonste rakke. Bo-Plaas is 'n moet vir nog goeie port."
"Skoon, netjies, veilig en skilderagtig mooi, beslis een mooiste dorpe in ons land."
"Ons het heerlike by Springfield gaan wynproe. Tyd net te min om by alles uit te kom en beplan reeds 'n volgende besoek!"
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
"The tiny pub in town had live music playing. It was a wonderful surprise and a great atmosphere!"
"There is not much options in terms of food, you will need to drive to close towns for better options."
"Die mooiste mooi! 'n Pad wat elke Suid-Afrikaner moet ry. Glad nie 4x4 nie, maar kan met tye bietjie klipperig wees. Jou gewone SUV sal met gemak daar ry. Sorg dat die kamera se batterye gelaai is want jy gaan ALLES wil afneem. Niks was nog ooit so mooi nie!"
"This is a quaint village with typical rustic little Karoo charm. Well worth a visit or stop-over."
"Take a drive through the town center and you'll see some beautiful houses and a thriving community. The wine farms are close and produce some top-quality red and white wines."
"Om weer kerkklokke te kon hoor op ’n Sondagoggend was inspirerend en salig."
"Vir daardie langverwagte wegbreek net om by jouself te wees en alles weer bymekaar te kry, is McGregor, en natuurlik die ongelooflike mooi omgewing, net reg!"