Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Ek dink as ons geweet het daar is geen water in die rivier nie, sou ons nie gegaan het nie. Dit is baie rustig en regtig 'n mooi pad tot daar."
"Lekker brunch geëet by Zamani Restaurant in Calitzdorp (die heerlikste peri-peri-hoenderlewertijies) en sommer ook 'n paar addisionele items by Spar en die winkeltjie/slaghuis gekoop. Dis net tragies dat die droogte die dorp en omgewing so nadelig getref het."
"Our host recommended a great restaurant, 22 Church Street, just down the road, and made a booking for us. We had a super meal, great food, lovely atmosphere. We just walked down the road to get there and back, very safe. "
"Die belangrikste punt omtrent De Rust is dat die ingang is vir die pragtigste reis deur die Meiringspoort (die mooiste natuurskoon in die hele SA)."
"Natuurskoon is pragtig en almal wat ons in die strate raakgeloop het, is baie hulpvaardig een aangenaam. Ongelukkig het die twee honde ons bietjie op die erf gekluister gehou. Maar daar is wonderlike plekke wat ons graag sou wou verken. Volgende keer dalk?"
"Boplaas wynkelder is moet. Heerlike ete en musiek. Moskato wyn en whisky en brandewyn en port baie lekker."
"So mooi. Sou meer verblyf in die poort wou sien. Maar omgewing is skoon, werk aan die paaie wat goed is."
"De Rust is 'n pragtige klein dorpie. Ons kan sien dat die dorp in die afgelope jaar opgradering ondergaan het!"