Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Ek het nie gegaan om die dorp te verken nie, en vandaar die gemiddelde 3 sterre. Het vlugtig die plaaslike supermark besoek, en wat ek in en om die besigheidsarea gesien het was baie skoon, rustig en 'n aangename ervaring."
"Robertson is 'n baie mooi dorpie met vriendelike mense. As jy van wyn en lekker kos hou, dan is dit die plek vir jou."
"Puik plek om te besoek, baie te doen en te sien, eetplekke van te kies en te keur. Protea farm trekker en potjiekos is puik. Sal weer gaan."
"Oulike dorpie. Nice restaurante. Van Loveren besoek op die Saterdag. Sal Robertson weer besoek. "
"Vriendelike mense in ‘n pragtige dorp wat deel van Route 62 is. Plattelandse gasvryheid is hier aan die orde van die dag. Splash of Pink met Paul Renè MCC was heerlik! Ons is volgende jaar terug!"
"Bonnievale kan met bietjie moeite baie meer doen as toeristedorp. Net Francois se kuierplek is tans beskikbaar. Julle het soveel te bied. Komaan Bonnievale, trek op julle sokkies!"
"Robertson is 'n baie mooi toeriste-aantreklikheid en sal baie graag weer soontoe gaan."
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"'n Klad op Munisipaliteit en gemeenskap se naam dat die eens puik museum in Paul Kruger-straat die afgelope jare net 'n murasie en rommelhoop is en nie herbou word nie. Wingerde en boorde op die plase in die distrik is pragtig en 'n vreugde om te besigtig."
"A charming little village with beautiful views of the Swartberg and authentic old houses. "
"Pragtige historiese dorpie. Burgerspas op pad soontoe is 'n lekker pad om te ry. "
"Perfect destination for a relaxing breakaway from the hustle and bustle of the concrete jungle."