Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Dis baie bedrywig maar pragtig. Nie die regte plek vir iemand wat rustiger wil ontspan nie. Die naglewe is ideaal vir die jonges. Die uitsig oor die see met Tafelberg en Robbeneiland bly onvergelykbaar. "
"Strand is seker een van die mooiste strande waar ek al was. So gelyk. Die dorpie self is so ongelooflik veilig. Daar is nie sulke hoe heinings om die huise en strand woonstelle nie. Die mense is baie veilig. Ek dink dit word nie genoeg bemark nie. Die dorpie is net ver genoeg om te ry na Kaapstad en die Waterfront en ook na Stellenbosch. Baie sentraal."
"Because my family is in Southern Suburbs and I needed to be there most of the time - so not sure how to rate it. "
"Desember maand is 'n groot nee. Baie buitelanders en heeltemal te bedrywig by die see front. Enigste winkel waar jy brood en melk kan kry staan jy in rye vir ure oor Kersfees en voor Nuwejaar. Ek dink dis tyd dat Kampsbaai bietjie meer winkels kry en minder kuierplekke. "
"Strand self baie besig vanaf Kersfees tot Nuwejaar met besoekers uit die Kaap. Heerlik sentraal vir besoeke aan Kaapstad, ander strande, en wynlande."
"Dit is 'n lekker plek en nie te ver van alles af nie. Sal Bloubergstrand weer besoek!"
"Milnerton is die beste plek om jou verblyf in te kry, want dis skoon, netjies en veilig en naby alles so jy hoef nie ver te ry waar al die vermaak is nie!"
"Die area is baie skoon en ons het veilig gevoel. Die polisie was ook gereeld sigbaar gewees. Orals waar ons plekke besoek het, het ons geen probleme ondervind nie. Ons het die vakansie baie geniet."
"If you you don't have your own transport it is not easy to travel, public taxes are not passing there, to get to town you must hire private taxes. They are expensive. "
"Dit is sentraal geleë met besienswaardighede wat naby geleë is. Die arbei plaas is 'n aanbeveling."