Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Perfectly situated to travel to smaller destinations like Hermanus and also away from the buss of the city, yet close enough if needed to be there. One of the safest areas around Cape Town."
"'n Pragtige bestemming, maar maak nie voorsiening vir toeganklike akkommodasie geriewe vir rolstoele nie."
"As die natuur en weersomstandighede saamspeel is dit 'n goeie plek; lekker naby alles."
"Pragtige voorstad met goeie ligging. Veilig en naby winkelsentrums, besienswaardighede en die Universiteit."
"Die Strand is volgens my nie meer ingestel op toeriste nie. Die nuwe wandellaan is baie mooi, maar met hoogwater is daar feitlik nie plek om jou handdoek langs die strand oop te gooi nie."
"Tipiese vakansie bestemming. Geleë tussen baie besienswaardighede, nie te ver om te reis nie. "
"Dit is beslis een van die juwele van ons land. Sal baie graag in die toekoms meer tyd daar wil spandeer."
"Hang af wat jy wil besoek. Redelik ver as jy die populêre toeriste plekke wil verken. Lekker naby Blouberg, wat 'n beeldskone strand is."
"Ek sal beslis terug gaan Century City toe, enige tyd, so ook my gesin. Dit is 'n baie rustige area en 'n mens voel baie veilig in die omgewing omdat daar visuele polisiering is in die hele Century City area. Ek sê nog steeds dat Century City 'n stukkie hemel op aarde is. Jy voel glad nie asof jy in die stad is nie. En beslis 'n huis weg van die huis af. "
"Alles wat ons nodig gehad het was byderhand, restaurante, groot en klein winkelsentrums en parke. Dit is gerieflik en maklik om in die buurt te stap en dit is redelik naby reservate en staproetes.Ons het maklik oor die weg gekom na enige kant toe - stad toe, Valsbaai toe, Boland en Overberg toe en lughawe toe. Ons het wel nie in spitstyd gery nie. Rondebosch is natuurlik naby die Nuweland stadionne en die gastehuis is baie gerieflik vir wedstryde. "