Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 5609 reviews.
"Fantastiese vakansiedorp, netjies en heerlike kuierplekke en Fat man Restaurant, wow, puik kelners. De Akker-hulle se platter enige tyd. Een woord: amazing."
"Was vir mediese redes daar, maar dis 'n rustige dorp met baie besienswaardighede. En natuurlik naby alles."
"Ek is bevrees dat Stellenbosch besig is om sy aantrekkings krag te verloor. Die gebrek aan parkering lei daartoe dat mens eerder uitwyk na die buitewyke van sentraal Stellenbosch. Stellenbosch sentraal in die aand is ook nie meer so veilig soos dit was nie."
"Daar is nie so baie om in die dorp te doen nie, maar as jy tyd saam met familie, vriende en jou diere wil spandeer is dit die perfekte bestemming!"
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"So 'n rustige, mooi omgewing. Beslis die moeite werd vir 'n wegbreek. Daar is ook so baie wat gebied word."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"'n Lieflike dorpie met 'n ryk geskiedenis! Pragtige wynlande en asemrowende berge. "
"Dit is baie netjies en mooi. Ons het nie baie tyd hier spandeer nie, maar het die tydjie geniet."
"Ligging ideaal vir vinnig op die N1 kom en dis ook 'n rustiger omgewing vir 'n gastehuis. Kliënte wil nie kompeteer met voertuie en te veel mense nie, veral as hul kom vir besigheid."
"Very nice place. I loved their antique shops and the hot water pools.The people of Montagu is very friendly ."
"Baie gerieflik vir Stellenbosch, want die verkeer van die R44 meng glad nie in met jou skakeling binne die dorp nie. Rustig en stil area, wat veilig voorkom. "
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"Baie lekker en naby omliggende pragtige plase. Mooi omgewing en die rustigheid is heerlik. "