Verified Reviews
Centurion
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Centurion
Rated 4.4 out of 5 based on 176 reviews.
"Vir ons was dit goed geleë en as plattelanders was daar nie te veel geraas van die padverkeer nie."
"Rooihuiskraal is 'n netjies maar tipiese stadsgebied. Ek weet nie wat dit aan die toeris te bied het nie, want dis nie die rede waarom ons daar gebly het nie, maar dis 'n uitstekende omgewing om te bly as jy Pretoria wil verken. "
"Irene is 'n baie stil, rustige plek. Jy hoor nou en dan 'n trein wat verbygaan. Voel of jy op die platteland is. 'n Plekkie waar jy kan afskakel. "
"'n Plek naby aan die stad en die al die nodige openbare vervoer en belangrike lughawens."
"Daar is 'n paar plekke in die omgewing wat gereeld groot saamtrekke en funksies hou. Dit is uniek en darem so bietjie uit die stad se gejaag uit."
"Heelwat gastehuise in die omgewing. Geen toeriste-aantreklikhede nie, maar gerieflik vir besigheid doeleindes."
"Mooi sentraal in die Centurion gebied, naby die groot paaie maar ver genoeg dat hulle nie pla nie!"
"We were going to a cricket match at Supersport Park, so very well situated and Centuriion Mall is just around the corner."
"Sal dit enige tyd aanbeveel vir enigiemand wat 'n katspoegie van omliggende besigheidssentra af wil wees."
"The area is great ( I lived there for a long time). It's central and well situated in relation to the malls, offices and access routes."
"Ek was nie bewus van die geskiedkundige agtergrond van Irene en omgewing nie. Dit is 'n goudmyn van historiese besienswaardighede, soos die konsentrasiekamp begrafplaas."