Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Pragtige omgewing en natuurskoon. Al die staproetes was netjies gemerk, deeglik onderhou en besonder skoon. Ons sal beslis Clarens weer besoek"
"Wonderlike dorp met baie vriendelike mense en 'n asemrowende uitsig."
"Ek bly by die kus, maar Clarens is ‘n skoonheid op sy eie! Lieflike plek, goeie kos en oulike winkels."
"Ek het ietwat meer van die dorpie verwag. Die kern van die dorpie was besig met ons aankoms, baie restaurante en klein winkeltjies wat allerlei goedjies verkoop. Nogtans dink ek meer kan met die dorp gedoen word (meer onderhoud), dit blyk 'n gewilde toeriste aantreklikheid te wees, met al die aktiwiteite wat buite die dorp aangebied word. Definitief geen tekort aan blyplek nie! Dalk is Clarens 'n bietjie "over-rated"?"
"Lieflike naweekplek. Ons gaan elke jaar oor die tyd. Bly om te sien daar is baie nuwe plekkies."
"Ons het die dam geniet. Daar is ook baie staproetes. Die dorpie is pragtig en daar is die pragtigste goed om te koop wat jy nerens anders sal kry nie. Die berge is asemrowend. Daar is restaurante om van te kies en keur. Pragtige dorpie!"
"Pragtige dorpie vir veral diegene wat die natuur en kuns waardeer. Die oulikste winkeltjies om in rond te snuffel."
"Far enough away from Johannesburg to feel like a holiday, but not so far that you are exhausted from the drive. The restaurants serve excellent food, with craft beer and gin in ample supply. Quaint shops and galleries, in a tranquil mountain setting."
"Clarens regverdig ‘n besoek minstens twee tot drie keer per jaar. Staproetes vir almal, fotografie, perdry, fietsry, 'n verskeidenheid winkels en eetplekke met die mikro-brouery maak dat enige persoon besig gehou kan word. Kersies en aspersies in seisoen en lekker aande voor die kaggel (in elke eetplek) in die winter met sneeu-kyk-bestemmings maak ‘n winterwegbreek ‘n moet. Dit is ‘n “vriendelike” dorp met tipiese Vrystaatse gasvryheid."
"Gosto Restaurant was uitmuntend met puik kos en vermaaklikheid. Sal enigiemand aanraai om daar 'n draai te maak. Clarens is 'n puik dorpie vir toeriste of sommer net 'n dag uit die stad."
"Clarens is seker een van die mooiste dorpe om te besoek. Ek hoop Clarens kan in die toekoms die versoeking weerstaan teen groot kettingwinkels, want dit is juis die feit dat dit klein en oulike, meestal selfgemaakde produkte in die winkels is wat bydrae tot die dorp se unieke atmosfeer. Die dorp is ook geleë in 'n gedeelte van die land met die mooiste natuurskoon."