Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"As jy op 'n begroting gaan vakansie hou stel ek voor dat jy vooraf gaan kyk na aktiwiteite, restaurante, ginproe, ens. wat jy in en om Clarens sal wil doen. Dit kan vinnig baie duur uitwerk as jy nie mooi beplan nie. Die meeste staproetes, bierproe en 'n besoek aan die Golden Gate park is gratis. Met dit gesê - spaar sodat jy soveel as moontlik kan doen! Ek beveel die ginproe, platters by die Clarens brouery, staproetes, en massering by Kiara Lodge se Body Bliss Day spa, aan. "
"Clarens is an excellent travel destination, especially for international visitors. Let's hope they can keep up the level of restaurants and interesting wares for sale. It is a real bonus for the South African travel industry. "
"Baie mooi plek met voldoende uitstekende restaurante en baie vriendelike mense. "
"An amazing small town, you get the feeling you're not even in SA. The most amazing places to eat. A stone's throw away from the Golden Gate National Park. Very friendly people. "
"Die gholfbaan se setperke laat veel te wense oor veral teen die prys vir 18 gate."
"Dis 'n klein en snoesige dorpie met die mooiste kuns, kos en kultuur omring deur ontembare natuur. "
"Ongelukkig in 'n donderstorm aangekom en moes vroeg die volgende oggend in die pad val, nie veel van die dorp gesien nie. Sal definitief eendag teruggaan vir n naweek/week. "
"Clarens is n pragtige dorpie in 'n pragtige omgewing! Daar is oulike winkels en restaurante in die dorp en baie om te sien in die omgewing. Pragtige Golden Gate is ook daar naby."
"Clarens is 'n baie aangename vakansie plek en daar is n uiteenlopende aantal dinge om te doen. Ons het Clarens al voorheen besoek en sal vir seker dit weer besoek en aanbeveel vir ons vriende."
"Pragtige plattelandse dorpie. Verwag wel vroeë toe deure en koop gerus 'n paar inkopies in Bethlehem voor jy deur ry Clarens toe, aangesien daar nie veel meer opsies is as die paar (duur) restaurante nie."