Verified Reviews
Cullinan
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cullinan
Rated 4.2 out of 5 based on 107 reviews.
"Anders as 'n diamant is Cillinan ongelukkig besig om sy glans te verloor. Daar kan meer gedoen word om toerisme te bevorder, veral rondom die diep uitgrawing. Almal met wie ons te doen gehad het, was egter baie vriendelik."
"Jammer die dorp maak na 5 in die aande toe, sou lekker gewees het as van die resturante oopgebly het vir later in die aand kuier."
"Cullinan is a nice getaway, close enough to travel, and far enough to know you are not home anymore (from Gauteng). The community is friendly, and the restaurants deliver fantastic service."
"Ons het dit baie geniet by history van Cullinan. Daar die lekkerste eet plekkies. Om in die myn in te gaan was vir my baie lekker. Sal weer gaan."
"Ons het die Vrye Weekblad Boekefees bygewoon en dit was 'n baie goeie keuse om dit in Cullinan aan te bied."
"Die hele plek maak toe 16:00 op 'n Saterdag. Mens word gedwing om vroeg te eet en dan niks te doen."
"Vibrant village with celebrated mining history. Lots of quaint shops and restaurants. Worth spending the weekend."
"Mooi dorpie. Interessante geskiedenis. Baie restaurante, maar min se webtuistes was op datum en party restaurante het nie eers meer bestaan nie."
"Interesting and beautiful. Love the history and the small-town feel."
"Was laas daar in 2018. Dit was stunning. Maar dit het so versleg. Diens is so swak."
"Was ons eerste keer en was ons nou aangenaam verras, die vriendelikste mense. Toer deur die myn was nou die hoogtepunt. Lekker gekuier op die stoepe, oulike mense ontmoet. Cullinan is 'n besoek werd."
"Pragtige tuin en plek maar die werknemers is swak aangetrek en daar is duidelik nie beheer nie."
"Ons het nie alles gedoen wat ons sou kon doen nie oor ons net vir 'n dag daar was. Baie om te doen. Restaurante maak beslis net te vroeg toe."
"Die dorp is slegs reg vir oggend en vroeg middag besoekers. Laat middag is amper al die restaurante gesluit. Buiten die gholfklub bemark die dorp geen vermaaklikheid nie."
"Ons was 'n bietjie teleurgesteld aangesien die meeste van die toeriste-aantreklikhede en restaurante (gedurende skoolvakansie) slegs oop is van Donderdag tot Sondag. Die ingang na die dorp laat ook veel te wense oor. Oak laan is die enigste straat waar iets aangaan!"
"Die hartseer ding is dat a.g.v. COVID het die industrie in Cullinan baie pyn gevat en ek dink dit gaan lank vat om weer heeltemal te herstel. Ek hoop regtig dat die dorp weer sal terugkom na sy voormalige glorie."
"Very little to do in Cullinan. We were there for the weekend to take part in an event in the area."
"Aande is baie stil en restaurante maak voor 9 toe. Sukkel om kos te kry. Restaurante moet later oopbly, veral oor naweke."