Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 606 reviews.
"Moenie onnodig te veel saamneem nie. Die Safari Mall het 'n wye verskeidenheid om aan die nodige behoeftes te voorsien. Los maar die gevrieste vleis by die huis en kry vars vleis teen goeie pryse by die slaghuis by Safari Mall wanneer nodig."
"Die reservaat is vreeslik mooi, dit is vreeslik moeilik om enige groot 5 wild te kry. Die Ranger app is ook nie hulpvaardig nie. Alternatiewe metodes is nodig om die ervaring beter te maak. Die "map" wat gegee was, was hulpvaardig maar die wild wat in elke gedeelte gesien kan word is nie akkuraat nie."
"Bespreekte wildrit beter as self ry aangesien hulle jou heelwat meer wild kan wys."
"Cannot wait for our return trip, already booked! Rangers are friendly, shops well stocked, and the animal sightings did not disappoint!"
"Always enjoy a trip to this bush on the door steps of JNB/PRE! Guided drives are best to experience the full extent of animals on the reserve. Perfect place to chill for the weekend."
"Het nie regtig die paaie gebruik of rondgery in die reservaat nie, en moes amper R300 opdok. Het nie eers 'n bokkie gesien nie."
"The reserve is beautiful. Only thing, is the map that is given for the self-drive. It's not simple to read and lots of the points are not the same as the map."
"Baie lekker. Ons het luiperd ook gesien. Daar kan meer wild wees. Mens moet redelik soek om die bokke te sien. Vriendelik en behulpsaam by die hek. Die kaart is nie 100% op datum nie, maar jy kan steeds jou weg vind."
"Ons was aangenaam verras dat die reservaat binne 50 km van Pretoria af is. Die personeel is baie vriendelik en hulpvaardig. Die paaie is mooi, alhoewel dit verskriklik baie gereën het en modderpoele orals is, was dit baie lekker om self deur die reservaat te kon ry en die wild deur die ruig bosse te soek. Ons was besonders bevoorreg om 'n jakkals-paar te sien en ook 8 cheetahs wat 'n vlakvark jaag. Dit was regtig besonders. Van die ander wild kon ons sommer baie naby besigtig, maar dit wat ons graag wou sien olifante, buffels was diep in die bos en kon nie kans kry om hulle te sien nie. Die piekniekgeriewe was baie lekker en skoon. Sal baie beslis weer gaan en is moeite werd."
"More awareness of the conservation fee should be made, otherwise it was a lovely experience."
"Te min selfryroetes en die toeristekaart is baie gebruiksonvriendelik. Die winkels binne die reservaat laat ook veel te wense."
"Dit is ongelooflik om die diere so gesond te sien. Die wildreservaat is ongelooflik om te besoek enige diereliefhebber se droom."
"Maak seker en voorsiening vir die bewaringsfooie en permitbetaling. Inligting word gemeld by Tau hek maar moes eers Ndlovu hek toe gaan om die nodige te bekom. Vir eerste-keer besoekers sal dit 'n verwarring moontlik wees."
"Lekker naby aan Pretoria, die piekniekareas is baie netjies en goed onderhou. Die kaart vir selfry-vakansiegangers is baie volledige en'n moet as jy wild wil kyk. Al die personeel wat ons teëgekom het was baie vriendelik."
"Kontrole by die hek is nie goed nie en dit was aanvanklik nie duidelik waar die selfritte is nie. Waarskynlik omdat niks by die hek gegee/verduidelik is nie. Baie goeie diens en hulp by een van die ander hekke gekry. Kaart en roete-aanwysings heel goed en het groot verskeidenheid wild gesien."
"Dit is 'n wonderlike vakansiebestemming. Grondpaaie net nie altyd begaanbaar nie."
"Baie lekker. Sien ongelukkig nie altyd baie diere nie, maar nogsteeds lekker vir 'n naweekwegbreek. Mense altyd vriendelik daar."
"Sonder om honderde kilometers te ry, is hierdie wildreservaat gemaklik binne bereik van veral die Gautengers. Selfry-ritte om die Groot 5, onder andere, op te spoor, asook dié saam met ervare veldgidse in wildsbesigtigingsvoertuie bied vele moontlikhede. Verblyf van twee of meer dae by een van die vele boskampe of -herberge dra vir seker by tot ’n genotvolle kuier in die natuur."